Vestig of vernietig jy?

My denke kan nie vreugde vind in wat my hart verwerp nie.


Ek staan voor ‘n groep mense en deel met hulle oor die wonder van temperamente en die uniekheid van elke mens. Dat ons Godgegewe temperament verskil van persoonlikheid asook dat ons ongevraagd die produk van ons opvoeding word. Ek praat oor die uitdaging om emosioneel intelligent op te tree, omdat die emosionele brein 80 000 keer vinniger as die logiese brein werk. Dat ons juis daarom moet stop en dink, voordat ons optree en doelbewus van die platform van lig moet werk en nie vanaf die platform van duisternis nie, want woorde vestig of vernietig.

Ek vertel ook ʼn verhaal waar iemand vol eiewaan, blatant en ongeskik vanaf die platform van duisternis optree, waarop ʼn man uit die gehoor my bulderend en ongenaakbaar aanvat en sê: “Dit het absoluut niks met die platform van duisternis of verkeerde gesindheid te make nie, wat myne is, is myne en die duiwel met die ander persoon.”

Sjoe, so kwaai was ek nog nooit aangevat nie! Ek is verbysterd en ietwat verslae. Ek stop, dink en beweeg doelbewus na die platform van lig, sodat my woorde sal vestig en nie vernietig nie – wat ek genadiglik regkry.

Ek besef opnuut dat die rede waarom ons van tyd tot tyd nie die waarheid kan insien nie, nie noodwendig ʼn gebrek aan kennis is nie, maar omdat ons nie genoeg moed het om die waarheid in die oë te kyk nie. Ons moenie so arrogant wees om te dink dat die waarheid niks groter is as juis jou siening daarvan nie.

Die volgende dag staan ek weer voor ʼn groep mense en deel dieselfde onderwerp. Links voor sit ʼn vrou. Haar naam is Marcia. Haar bydrae bring ʼn totaal ander dinamika na die groep en ek besef maar net weer dat een mens die ambians en energie van ʼn groep kan ophef of afbreek.

In my hart weet ek dat ʼn dankbare mens, nooit ʼn gevaarlike mens is nie. Ek kies doelbewus om dankbaar te leef!

“ Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met dit wat hul sê. Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ‘n oomblik. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Find Your Ikigai
Inspiration

Find Your Ikigai

Ikigai is a Japanese word that means “a reason for being”, also referred to as the Japanese secret to a long and happy life. Life

Read More »