ʼn Paar jaar gelede, nadat ek vroegoggend van die gimnasium by die huis gekom het, was ek onkant betrap toe die huis se deur wawyd oopgestaan het. Versigtig het ek die huis binnegegaan. Ek was besteel!
Al my juwele, my rekenaar in my studeerkamer en vele ander besittings is gebuit. Ek was huil-kwaad, want veral die juwele het kosbare erfstukke ingesluit. Ek het vir die daaropvolgende twee dae ge”sulk”, gekerm, gekla en dit baie dramaties met al wat leef en beef gedeel.
Op dag drie het die gordyn van bitterheid voor my oopgeskuif en die son het deurgebreek. Ek het vir myself gesê: “Laat ek dankbaar wees - eerstens, omdat ek nog nooit vantevore beroof is nie; tweedens, al het hulle my goed gevat, hulle nie my lewe geneem het nie; derdens, dat dit ek was wat beroof is en nie iemand anders nie; vierdens, het ek besluit dat ek alles wat geneem is aan hulle - die rakkers - gaan skenk, want as jy vir iemand ʼn geskenk gee, kan jy tog nie kwaad wees nie.”
Ek het besef dat dankbaarheid geen ruimte vir ontmoediging laat nie. Dankbaarheid is nie net die grootste van alle deugde nie, maar die moeder van almal.
Paulus se redes vir dankbaarheid teenoor God dek die hele gebied van die menslike lewe. Hy dank God vir Sy daaglikse
brood, mense met geloof in Christus, bewaring van versoeking, die herinnering aan sy vriende, vriendelikheid in die uur van beproewing en God se onuitspreeklike gawe.
Ek het met die jare geleer dat dankbare mense nooit gevaarlike mense is nie. So beleef ek dit genadiglik ook in my eie lewe. Ek herinner my doelbewus en voortdurend aan die goedheid en guns van die Here. Dit hou my dankbaar. Dit hou my gees gesond. Dit maak my spring-bly vir elke nuwe dag wat aanbreek na elke donker nag.
Uit die Woord:
“In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen
dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry
by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk
het.”
– 2 Kor. 1:4
We invite you to talk to us about a workshop that will best solve your personal and professional issues. Should you not be able to conduct a face-to-face workshop anytime soon, feel free to browse through our online store for one of our self-help books.
Seeds of Inspiration (Pty) Ltd t/a Lynette Beer | Registration Nr: 2011/134865/07
Po Box 41921, Moreleta Ridge, Pretoria, South Africa, 0044
Copyright © 2023 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer