SHOP

0

Die Vier Kleure van die Bybel - E Boek

DVKVDB007492
R240.00
In stock
1
Product Details

Sê nou net die Bybel was eksklusief vol stories oor die engele.

Dit sou fassinerend wees en ons sou baie geleer het oor wie God is en hoe

Hy met hierdie wesens werk.

Maar ons is mense ... Wat sou ons te wete gekom het van hoe God

met mans en vroue, seuns en dogters van vlees en bloed werk? Wat sou

ons oor onsself as deel van Sy skepping ontdek het?

Nie veel nie ... maar gelukkig is God se heilige boek propvol onheilige

mense. Dis groot genade! En dis een van die grootste voorregte om oor

daardie mense te mag oplees, praat, skryf, preek, redekawel en studies

doen.

Hierdie boek is nie ’n deftige verhandeling of diepgaande studie

van die mense in die Woord nie. Dis ’n plesierige verkenning van ’n

paar karakters aan die hand van ’n bepaalde vertrekpunt, naamlik die

Vierkleurtemperamentmodel.

O ns gaan vir jou ’n kort oorsig oor hierdie model gee en dan kleur

vir kleur na ’n paar van die bekende persone in die Bybelse verhale kyk.

Dit beteken kortom dat hierdie mense se optrede aan die hand van hulle

(moontlike) temperament verduidelik word.

Mense verskil van mekaar – en dis oukei. In die Bybel verskil mense

ook van mekaar – en dit was vir God oukei. Hy het ’n verhouding met

hulle gehad waarbinne hulle hul unieke swakpunte kon oorkom en hulle

sterkpunte kon uitbou.

16

Dit is die waarheid wat ons as skrywers die naaste aan die hart lê:

Dat jy sal ontdek dat jy deur die krag van die Heilige Gees presies die

mens kan wees en word wat God bedoel het jy moet wees. En dat jy dit

kan wees met jou unieke temperamentsamestelling.

Die laaste hoofstuk handel oor hoe mense in hulle geloofslewe van

mekaar verskil. Ons dink ’n bietjie saam met jou oor hoe Jesus, terwyl Hy

op aarde was, met al vier die temperamente in kontak was en wat dit vir

ons as Sy volgelinge beteken.

O ns verkenningstog is nie rewolusionêr nie. Dis ’n pad waarop ander

skrywers en kenners reeds bakens ingeplant het. Maar mense het gevra

vir hierdie boek. Mense wat my (Lynette se) preke en aanbiedings oor die

temperamente en Bybelkarakters bygewoon het.

Helaas is my skryftyd beperk en daarom het ek vir Hanneke genooi

om saam te skryf. Dit is nou ons twee se voorreg en ons vreugde

om hierdie gedagtes en idees met jou te deel. Dalk is alles vir jou

splinternuut, dalk al half bekend ...

Mag jy iets verrassends oor jouself ontdek. Mag jy iets kosbaars van

iemand vir wie jy lief is opeens waardeer. Mag jy ’n ekstra stukkie begrip

vir ’n kind, kollega, vriend of vreemdeling ontwikkel.

Mag ou, bekende verhale vars en verrykend voor jou oopgaan omdat

jy die karakters in ’n ander lig sien. Mag die lig van God se Woord ’n rapsie

helderder op jou lewenspad skyn. Mag jy bowenal nader aan God die

Vader, Seun en Heilige Gees groei.

Dis ons gebed vir jou en hierdie boek

Save this product for later
Share by: