SHOP

0

DIE RITME VAN JOU ROEPING - E Boek

DRVJR0089
R120.00
In stock
1
Product Details

In hierdie boek word jy gelei om weer jou roeping te herontdek en dit te belyn met jou realiteit.

Om ‘n onderwyser te wees is ‘n grootse voorreg maar ook ‘n grootse verantwoordelikheid. Lesse voorberei en klasgee is die maklike deel van onderwyserwees. Dit is die res wat jou soms onderkry. Die berge administratiewe take, om klasdissipline te handhaaf, om moeilike en sensitiewe situasies te hanteer, die stories wat voel of dit jou hart uit jou lyf gaan ruk, die doodse moegheid wat oor jou kom lê. En jy wil dit nie erken nie, maar jy wonder soms deesdae of onderwys werklik toe al die tyd jou roeping is, of doen jy dit maar dag na dag vir die klein salaris? Waarom voel jy al hoe minder in beheer van jou omstandighede by die werk?

Hierdie boek gaan jou help om jou eie temperament sowel as die van jou leerders te verstaan!

Blootstelling aan die vier temperamente en praktiese toepassing daarvan in jou persoonlike en professionele lewe. Dit gaan jou herinner om jou eie temperament te verstaan voordat jy die kinders wat voor jou sit kan verstaan en kan bystaan.

Die boek bestaan uit 6 praktiese fokusareas wat stilstaan by kritieke oomblikke in jou reis van onderwyserwees. Elke fokusarea vestig dan ook jou aandag op ’n bousteen tot ’n suksesvolle en vervullende loopbaan wat die kernaspekte van die onderwys aanspreek. Jy gaan weer onthou dat

elke kind wat voor jou sit ‘n storie het;

dat kinders nie omgee hoeveel jy weet tot hulle weet jy gee om nie;

dat jy nie alle kinders kan lief maak vir jou vak nie, maar jy kan hulle lief maak vir jou. En dan sal hulle hard werk vir jou; en

dat selfsorg belangrik is en dat dit moontlik is om weer jou roeping te kan koester en emosionele bevrediging ervaar.

Save this product for later
Share by: