Droom en werk voort

Soms kry mens ‘n lewensles of drie waar jy dit die minste verwag. “We were soldiers” is ‘n 2002 rolprent waarin Mel Gibson die rol vertolk van Luitenant-kolonel Moore, die bevelvoerder van ‘n ‘n diverse groep soldate. Hy het geweet dat as sy troepe hul verskille kon opsy sit, en as ‘n eenheid kon saamveg, dit hul kanse op oorlewing tydens die Vietnam-oorlog sou vergroot.

In sy toespraak voor hul vertrek sê hy dat hy nie kan belowe dat hy almal veilig huis toe sal kan bring nie, maar dat hy voor hulle en voor God Almagtig beloof dat hy die eerste sal wees om tot die geveg toe te tree en die laaste een sal wees om die slagveld te verlaat. Hy belowe verder dat hy niemand sal agterlaat nie. Hulle sal almal huis toe kom, hetsy dood of lewendig.

Hy wys hulle ook daarop dat hulle verskille in ras, kultuur en klas nie meer van toepassing kan wees op die oorlogsveld nie. Daar is hul almal soldate wat na mekaar moet omsien.

Hoendervleis oomblikke in die rolprent. Die soldate is gemotiveerd, die gehoor het trane in die oë. ‘n Mens voel amper lus en pak jou tas om saam te gaan… (okay, die feit dat Mel Gibson besonderse mooi blou oë het, het seker ook iets daarmee te doen…)

Wat is die lesse wat ons hieruit kan leer? Ten eerste, dat dit sinneloos is om op ander neer te sien en ander te oordeel net omdat hulle nie soos ons is nie. Daar is ‘n plek vir almal onder die son en as ons saamstaan kan ons die wêreld ‘n beter plek maak.

Maar, verder ook die volgende vir jou vandag, maak nie saak wat jou omstandighede is nie en soms voel die lewe en ons emosies mos soos ‘n oorlogsveld:

  • Jy mag nooit toelaat dat enige vrees jou terughou om overskrokke die eerste tree te gee nie.
  • Jy kan nooit sukses smaak sonder die risiko van mislukking nie.
  • Jy sal nooit ‘n stem hê wat gehoor word sonder die risiko van kitiek nie.
  • Jy kan nooit liefhê, sonder die risiko van verlies nie.
  • Wie nie waag nie, sal nooit wen nie!
  • Wat is die naam van daardie vrees wat jy moet nek omdraai om vorentoe te kan beweeg?

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Carpe diem
Inspiration

Carpe diem

Omdat ek gereeld moet reis, kry ek genoeg geleentheid om mense dop te hou. Ek kan my verkyk aan mense se optredes en reaksies. Dis

Read More »
Outliers
Inspiration

Outliers

The inspirational author Malcolm Gladwell is known for his journey into the overlooked and misunderstood. In his well-known book The Outliers, he claims that genius

Read More »
Relationships

My BFF is … myself!

All good relationships begin with a healthy relationship with yourself. This is true for friendships too. One can only know what respect, loyalty, acceptance, care,

Read More »