Omdat ek gereeld moet reis, kry ek genoeg geleentheid om mense dop te hou. Ek kan my verkyk aan mense se optredes en reaksies. Dis al byna tweede natuur vir my om hulle temperamente uit te snuffel en te verstaan waarom hulle mekaar so verkeerd kan opvryf. Maar dis ook vir my lekker om dieper te dink oor mense se manier van lewe.
 
Ek kan nie help om die Prediker in my agterkop te hoor praat nie. Jy kry mense wat so effens lewe. Hulle is versigtig en bang en besef nie dat hulle gevangenes van hulle eie stories geword het nie. Hulle glo dat hulle slagoffers van hulle omstandighede is en hulle leef eintlik net halfpad. Hulle is ook dikwels sinies en krities en bang om te waag. Ek noem hulle die Bedreigdes.
 
Dan kry jy die Rusteloses. Hulle is altyd op soek en op pad na ‘n bestemming wat hulle bly ontwyk. Hulle lewe sonder rus en sonder vrede en dit maak jou moeg om na hulle te kyk. Byna soos ‘n gasvrou wat nie haar sit wil kry en saam met die mense wil kuier nie – sy laat jou skoon skuldig voel oor al die moeite wat sy doen om almal aan die eet en drink te hou.
 
Die Rustiges straal ‘n innerlike vrede uit. Hulle het geleer hoe om uit die klein dingetjies genot te put en soos die Prediker sê, hulle brood met vreugde te eet. Die Latynse spreuk carpe diem sê dis wat ons moet doen – ons moet die dag pluk. Dis die Rustiges wat die lewe as ‘n gawe uit God se hand sien, wat tyd maak om na ander te luister en wat nie heeldag loop en wroeg oor die toekoms nie. Hulle is dankbare mense, rustige mense en as jy ‘n rukkie in hulle geselskap is, voel jy hierdie vrede oor jou spoel.
 
Hoe pluk jy die dag?

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Self-talk
Inspiration

Self-talk

This recent WhatsApp message reached my phone and made me think: What do I say to myself? How many of my thought sentences contain negative

Read More »
Oefen geduld
Inspiration

Oefen geduld

Ek is nie van nature ‘n geduldige mens nie. Daarvoor is ek heeltemal te haastig. Ek ken ‘n paar geduldige mense en ek het net

Read More »
Own your mind
Inspiration

Own your mind

It makes human sense that our experiences shape our lives and our thoughts. We have ups and we have downs, good days and bad days.

Read More »
Keep on keeping on
Inspiration

Keep on keeping on

Somewhere in my past, I found inspiration in my own home-made inspirational slogan: Keep on keeping on . It could have been at high school,

Read More »