Buig sonder om te breek

‘n Persoon sonder ‘n toekomsverwagting, sal voortdurend terugverwys na dit wat in die verlede gebeur het. Fokus eerder op die toekoms.


Na drie en twintig jaar in die korporatiewe bedryf, besluit ek om my eie besigheid te begin. Ek noem dit Seeds of Inspiration. My slagspreuk is: “Learn how to bend and you will never have to break.”

Gedurende die eerstejaar was ek dikwels gekonfronteer met individue wat worstel met pyn en verwerping. Byna elkeen van hulle het aan my die vraag gestel: “hoekom laat God bepaalde dinge in my lewe toe?” Al hierdie vrae het my onwillekeurig laat dink aan die pyn waardeur ek in my lewe moes werk. Ek voel vir ʼn oomblik dankbaar, want die vlak waarop ek huidig geestelik en emosioneel funksioneer sou ek nie kon bereik indien ek nie deur die meul van die lewe gemaal was nie.

Vandag staan ek op my knieë voor die Here met dankbaarheid en sê dankie vir hulle wie karaktermoord gepleeg het. Ek sê ook dankie aan my Graad 8 onderwyseres wat gedink het dat ek nooit iets sal bereik in die lewe nie, my ongevraagde armoede as kind, asook die trauma waardeur ek moes werk waar ek beide my ouers en my liefling tannie in ʼn baie kort tyd opeenvolgend aan die dood moes afstaan.

Ek het doelbewus gekies om dapper voort te stap op die pad van groei en ontwikkeling eerder as om dit veilig te speel en toe te laat dat my omstandighede my voorskryf wie en wat ek moet wees.

Ek besef opnuut dat God sal toelaat dat ons buig sodat ons op hierdie vernuwende geestelike en emosionele vlakke kan funksioneer, maar God sal nooit toelaat dat ons breek nie. Kies jy ook vandag, doelbewus om seerkry as ʼn geleentheid tot groei te sien eerder as ʼn straf.

Indien jy hierdie artikel geniet het, koop gerus die boek Pêrels in jou sak vir meer inspirerende lewenswaarhede uit die pen van Lynette Beer. Klik hier om jou kopie vandag nog te bestel.

“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou.”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Have fun, laugh and dance
Happiness

Have fun, laugh and dance

Having and creating fun opportunities is a vital ingredient of a happy and fulfilling life. We tend to only take negative or ‘heavy’ emotions seriously

Read More »
Crucial conversations
Inspiration

Crucial conversations

We have daily conversations, albeit slightly less during this period of social distancing. They could be casual or friendly conversations, frivolous or shallow conversations in

Read More »