Wil jy altyd reg wees?

Wanneer ons op laerskool leer van teenoorgesteldes, word ons in ʼn sekere mate gekondisioneer. Ons glo dat iets of iemand wat nie mooi is nie, lelik is; dat “waar” teenoor “vals” staan, dik teenoor dun en fluks teenoor lui. En so glo ons ook dat iemand òf reg òf verkeerd moet wees.

Eers later in die lewe leer jy dat daar groot grys gebiede is en dat veral reg en verkeerd in ʼn hele paar gedaantes voorkom. Mense wat altyd reg wil wees, kan ʼn gesellige aand met spanning laai. Ken jy sulke mense – of is jy dalk een van hulle?

Ek weet nie van jou nie, maar ek hou nie daarvan om verkeerd bewys of reggehelp te word nie. Veral nie voor ʼn groep mense nie. Maar as daar nou een soort mens is wat my vinnig kan laat opvlam, is dit iemand wat ten alle koste sy standpunt wil regverdig en ten alle koste wil reg wees. Sulke mense maak ʼn punt daarvan om ander op hulle foute te wys en glo dat hulle ander op dié manier ʼn guns bewys.

Toe so ʼn Slim Sarel onlangs sy eie suster aangevat het op ʼn “verkeerde” uitlating, het ʼn wyse vriend hom uitgedaag met ʼn skerp vraag: “Wil jy reg wees of wil jy gelukkig wees?” wou die vriend weet. En net daar het die gesprek ʼn heerlike koers ingeslaan. Totdat almal om die braaivleisvuur eenparig besluit het dat ʼn mens moet kies tussen hierdie twee – want die een gemoedstoestand sluit die ander een uit. 

Dis vir niemand lekker om gekorrigeer te word nie. Om gehoor en gerespekteer te word, is ʼn basiese behoefte by alle mense. Gaan dink ʼn slag aan jou vriendekring en besluit wie laat jou die meeste op jou gemak voel en vir wie het jy die meeste respek. Jy’s reg – dis hulle wat weet hoe om te luister, wat ander mense toelaat om hulleself te wees, foute en blapse ten spyt.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Sulke rakkers!
Inspiration

Sulke rakkers!

ʼn Paar jaar gelede, nadat ek vroegoggend van die gimnasium by die huis gekom het, was ek onkant betrap toe die huis se deur wawyd

Read More »
Hoe dan nou?
Inspiration

Hoe dan nou?

Ek is op die vliegtuig op pad Kaapstad toe. Langs my sit ‘n vrou. Langs haar sit haar man, ‘n man met ‘n groot dors.

Read More »
Relationships

My BFF is … myself!

All good relationships begin with a healthy relationship with yourself. This is true for friendships too. One can only know what respect, loyalty, acceptance, care,

Read More »
Wat het jy gedoen?
Inspiration

Wat het jy gedoen?

Dit is Woensdagoggend net na ses en die pad na die Vaaldriehoek lê oop voor my. Ek luister na – soos my peetdogtertjie sal sê

Read More »