My vlug vanaf Oliver Tambo na George lughawe is met 3 ure vertraag. Tyd is kosbaar en ek wil die meeste daarvan maak. Ek kan blog. Waaroor sal ek blog?

My gedagtes neem my onwillekeurig na die dinge wat my op hierdie stadium grensloos irriteer en frustreer. Ek besef dat ek ‘n groot bydra tot my eie frustrasies het.

Jy sien, in enige verhouding stel jy jou eie grense en waar jou grense eindig neem ander oor. Dit is duidelik dat ek in sekere aspekte van my lewe, asook besigheid, nie duidelike afgebakende grense het nie en dit die rede tot frustrasie is.

So belangrik as wat water, kos en lug vir oorlewing is, net so is duidelike grense van belang vir ‘n sinvolle voortbestaan.

Tekens van mense wat nie met duidelike grenslyne leef nie:
Jy neem verantwoordleikheid vir ander mense of jy hou ander verantwoodelik vir jou lewe
Jy is voortdurend kwaad en gefrustreerd
Jy ontwikkel ‘n wrok teenoor mense vir wie jy voorheen omgegee het
Jy laat toe dat ander mense oor jou loop
Die enigste manier hoe jy kry wat jy wil hê is om aggressief te raak en ander te manupileer
Ek besef ook dat daar ‘n groot verskil is tussen ‘n grenslyn, ‘n grensmuur ‘n ultimatum en manuipulasie. Die stel van duidelike grenslyne sal verhoed dat ons, ons aan bogenoemde skuldig sal maak. Die grens sal jou help, want dit is mos die hoogste gesag.

Riglyne wat jy kan volg:
Stel regverdige en duidelike riglyne vir jouself en gee dit duidelik deur aan ander
Gee ook die logika deur van die grenslyn
Jy hoef nie verskoning te vra vir jou grenslyne indien dit tot voordeel van die groter saak is nie.
Tree onmiddellik op indien die grenslyn oorskry word. Moenie wag dat die woede opbou nie.
Besef om grense te stel nooit ‘n persoonlike aanval is nie, maar dat dit oor die groter prentjie gaan waarvan ander nie nodwendig bewus is nie.
Raadpleeg ‘n waardige en sukesvolle mentor voordat jy sekere belangike grenslyne stel.
Onthou dat gesonde grense is nie net goed en veilig vir jouself nie, maar ook vir almal rondom jou.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Stress Handling Tips 3
Stress

Stress Handling Tips 3

A scientific definition of stress recently stopped me in my tracks. Physics describes it as the force that produces strain on a physical body and

Read More »
Oogkontak
Inspiration

Oogkontak

Ek kan my verkyk aan mense. Omdat ek baie ure op lughawens deurbring, het dit al vir my tweede natuur geword om my mede-reisigers dop

Read More »
Motivation by appreciation
Love Languages

Motivation by Appreciation

How motivated is your team to work? Do they feel appreciated? It’s astonishing to see how many people leave relatively high-paying jobs because they don’t

Read More »