Ek was in die laaste tyd betrokke by ‘n paar begrafnisse. Dis nooit lekker nie. Maar dis een van die feite van die lewe waarmee ons moet saamleef. Wat goed is daarvan, is dat dit ‘n mens tot stilstand ruk en jou net weer herinner aan die kosbaarheid van die lewe. En jou laat onthou dat jy moet dankbaar wees vir elke oomblik van die dag.

Kom ons wees eerlik met mekaar – ons hou nie van die onderwerp nie. Maar wanneer jy gekonfronteer word met geliefdes wat sterf of met kanker gediagnoseer word, kan jy die vraag nie langer uitstel nie. Op jou eentjie in jou stoepsitsessies met jou koppie koffie in die hand, behoort jy vir jouself te vra: Wat wil ek hê moet mensê by my begrafnis van my onthou?

Ek was nog nooit langs ‘n doodsbed waar iemand vir my gesê het dat hy te min tyd aan sy loopbaandoelwitte bestee het nie. Wel dat hy wens dat hy dinge kon regmaak met ‘n ouer of ‘n kind; dat hy meer tyd aan iemand wat hom so nodig gehad het, kon spandeer het. Dat hy verhoudings kon herstel het.

As ek terugkyk op my eie lewe tot hiertoe, kan ek eerlik sê dat my prioriteite in plek is? Waaraan spandeer ek my tyd, my geld en my energie? Is daar balans in my bestaan – tussen werk en gesondheid, my verhoudings en my geestelike lewe? 

En hoeveel dink en doen investeer ek in my nalatenskap. Sê-nou-net ek het ‘n beitjie grasie en my begrafnis is oor ‘n week – wat gaan my geliefdes, en die wat minder lief is vir my, van my sê as ek weg is?

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Tennisspelers
Inspiration

Tennisspelers

Ek het so ‘n bietjie tennis gespeel op skool maar was nou nie ‘n danige ster nie. Al was dit nog altyd vir my ‘n

Read More »
Carpe diem
Inspiration

Carpe diem

Omdat ek gereeld moet reis, kry ek genoeg geleentheid om mense dop te hou. Ek kan my verkyk aan mense se optredes en reaksies. Dis

Read More »
Waarop fokus jy?
Inspiration

Waarop fokus jy?

Ek lees onlangs dat die teenoorgestelde van geloof nie ongeloof of twyfel is nie, maar vrees. DIt het my twee keer laat dink en ek

Read More »