Wat is vir jou belangrik?

Ons leef in ‘n opwindende tyd. Tegnologie verbeter elke dag. Ons slimfone hou vir ons rigting, vertel ons van die weer en tel sommer hoeveel treë ons elke dag gee. Lekker om al die goed te hê.

Ons spoed voort in die hoogste versnelling deur afsprake, vergaderings, projekte en huisdinge. Wat bly in die slag as alles so vinnig en maklik gaan?

Verhoudings, met God, met ander en met jouself.

Dis goed om in kontak met mense deur sosiale media te bly. Dis lekker om kommentaar te lewer en soortvan te weet waarmee hou elkeen hom besig. Maar, om iemand werklik te ken, te verstaan en saam met hulle te groei, vat tyd. Geen elektroniese toepassing, sosiale media of afstandbeheer kan ‘n mens vervang in jou lewe nie. Mense het mense nodig om voluit mens te kan wees. Persoonlike interaksie. In die oë kyk gesprekke wat tot laatnag duur. Jy kan soveel “drukkie-prentjies” en liefdevolle gesiggies stuur soos wat jy wil, wat saak maak is die regte skouer om op te leun as dit swaar gaan, die uit die maag uit saamlag as dit goed gaan.

Ons is almal besig, en dis goed, maar soms moet jy afskakel. Die slimfone en tablette opsy sit en net weer pure mens wees saam met vriende en familie. Tydsaam te kuier oor ‘n pot wat stadig prut. Rustig te sluk aan ‘n glas wyn of ‘n beker boeretroos. Fyn te luister. Dieper te kyk. Die mense om jou weer te leer ken en in die proses sommer ook weer jouself te ontdek. Alles hoef nie altyd in die oortreffende trap te geskiet nie. Raak rustig. So nou en dan se asemskep is net wat jy nodig het om weer die lewe in die oë te kan kyk.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Make a warm impression
Inspiration

Make a warm impression

It is an early cool morning in central Johannesburg. Picture the fancy foyer meeting place of mostly strangers, arriving for a day conference. They are

Read More »
Belê in jou buurman
Inspiration

Belê in jou buurman

‘n Suksesvolle graanboer in Amerika het jaar na jaar met die trofee by die landbouskou weggeloop. Kom ons noem hom Boer Jan. Sy mede-boere het

Read More »
Control Your Emotions
Emotions

Control Your Emotions

Our emotions determine our thought processes and our thoughts determine our quality of life. This we know. When you feel good about yourself and whatever

Read More »
Hou die gif buite
Inspiration

Hou die gif buite

Het jy al ooit iets galbitters geproe? Miskien was jou ma een van die Lennon-dissipels wat Lewensessens aangehou het en jou daarmee gedokter het as

Read More »