Soms is kennis nie mag nie

Daar is ’n mooi Engelse aanhaling oor leer en opleiding wat aan John Dewey toegeskryf word:

“Education is not preparation for life; education is life itself.”

Hierdie woorde het my herinner aan ’n storie wat ek gehoor het van ’n vrou wat in ’n hospies as ’n berader gewerk het. Sy was ’n opgeleide sterwensbegeleier met baie jare se praktiese ervaring in die ondersteuning van mense wat doodgaan. Sy was ook baie ervare daarin om die persoon se familie en vriende deur hulle rouproses te begelei.

Maar toe haar man op traumatiese wyse sterf, het sy volkome onvoorbereid en onkundig gevoel. Sy het haarself as dwalend en soekend beleef en sy kon nêrens raad of troos vind nie. Uit haar eie ervaring kon sy nie put nie en al die boeke in haar rak was net ’n klomp letters sonder betekenis.

Sy het haar verwonder hoe alles wat sy met haar kliënte in haar praktyk bespreek het opeens nie vir haar rigting of ondersteuning gegee het nie. Sy het die afwesigheid van en vermyding deur vriende en familie verstaan vanuit haar werkservaring, maar tog het hulle menslike swakheid haar onverwags diep gekwets.

Eendag, iewers, het sy haar buurman raakgeloop. Hy was ’n korrelkop en oor baie jare het sy hom verkwalik vir die ongeskikte manier waarop hy sy vrou en kinders hanteer het. Sy het eintlik niks van hom gehou nie en hom gewoonlik probeer vermy.

Maar op hierdie dag het hy reg voor haar kom staan. Hy het haar diep in die oë gekyk en vir ’n rukkie niks gesê nie. In haar binneste waar alles dood gevoel het, het sy ’n roering beleef. Dit was so ongewoon en so verfrissend dat iemand haar direk aankyk en naby haar staan.

Toe het hy gesê: “Ek verstaan nie hoekom dit met jou moes gebeur het nie, maar ek is so verskriklik jammer.” Die trane het in haar oë ingeskiet en dit was nie oor sy spesifieke woorde nie, maar sy stemtoon wat so opreg simpatiek geklink het en met haar geresoneer het.

Hulle het nog ’n rukkie so in stilte gestaan en toe sê hy: “Ek is so jammer vir jou dat ek jou eintlik wil omhels.” Voor sy haarself kon keer, het sy toe gesê: “Maar, mens, hoekom doen jy dit nie?”

Hy het haar vasgedruk en vir meer as ’n minuut het hulle so gestaan. Twee buurmense wat ’n oomblik van pyn met mekaar deel, sonder slim antwoorde of planne en tog troos by mekaar gevind het. Hy was steeds ’n ongeskikte korrelkop en sy was steeds ’n radelose berader, maar dit was ’n kosbare ligpunt op haar reis deur die dal van doodskaduwee.

“Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings,

en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, 

vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, 

en jy moet dit gebruik om vrede te maak” (Jakobus 3:17-18).

 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Life demands change
Change

Life demands change

One of the perks of our present inter-connectedness is that we all receive an abundance of information and ideas. At times I feel slightly inundated

Read More »
Integrity Be Yourself
Inspiration

Integrity – Be Yourself

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »