EK het so pas my sewende versoek gekry om ‘n resep te deel. Dis deel van #Kwarantynkosmaak en ek is ‘n spesiaal-genooide wat mag deel in die avontuur. Die opdrag is om vir die persoon in #1 ‘n vinnige, maklike resep aan te stuur. Stap 2 is om die naam in #2 dan bo-aan te sit, jou eie naam in #2 in te skryf en die meegaande vriendelike speletjie te stuur na 20 van jou vriende.
 
Jy word aangeraai om nie oor die resep te wroeg nie. Stuur liefs ‘n maklike kitsplan wat jy sommer uit jou kop uit kan intik. As jy mooi saamspeel, behoort jy in ‘n kort tydjie 36 resepte te ontvang. En dan vra die stuurder ook vriendelik dat jy dié takie binne 5 dae moet afhandel, anders stel jy ‘n ketting van kwarantynkokke teleur. Hy of sy klits ‘n tikkie emosie by om jou te laat skuldig voel as jy die ketting breek – want “ons het almal nuwe idees nodig, veral in hierdie tye”.
 
Dis vir my ‘n oulike speletjie. So ‘n prettige, positiewe doending. Maar ek het ‘n paar probleme. Die eerste is dat my tyd te min is. Dit mag vir ander absurd klink, maar ek is so besig met nuwe dinge, dat ek my nie kan draai nie, ingeperktheid ofte not.
 
Kosmaak is vir my lekker maar op die oomblik is dit ‘n luukse. En as ek die vriendelike uitnodiging aan 7 x 20 van my spesiale vriende moet stuur, kan dit my dalk ‘n dag kos. En wanneer hulle met die terugstuurdery begin, omdat baie van hulle mekaar ook ken, kan ek die uitnodiging dalk weer ontvang. Dit is probleem nommer 2 – iemand gaan êrens vir my vies word omdat ek die ketting gaan breek.
 
Probleem nommer 3 is dat ek net een uithaler-resep uit my kop uit ken, en dit gee mens puisies – ‘n resep vir sjokoladebruintjies wat ek nog nooit kon laat flop nie. Al val hy plat, al brand jy hom ‘n bietjie, van die bak-uitlek af tot by die krummels, is hy ‘n wenner.
 
Ek deel hom met jou – maak daarmee wat jy wil. En vergewe my vir die stukkende ketting …
 

Maklike sjokoladebruintjies

  1. Smelt saam op stoof en laat dan afkoel:  
    500g botter/margarien (botter is beter…)
    1 k kakao
    3 k suiker
  2. Klits goed: 8 eiers 
  3. Sif saam: 2 k meel en 2 t bakpoeier
  4. Voeg 3 by 2 en sit dan by 1.
  5. Roer by: 2 t vanielje
  6. Bak by 180° 25 – 30 min
Strooi versiersuiker oor as jy wil.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Crucial conversations
Inspiration

Crucial conversations

We have daily conversations, albeit slightly less during this period of social distancing. They could be casual or friendly conversations, frivolous or shallow conversations in

Read More »
How to deal with burnout
Burnout

How to deal with burnout

Deadlines. Meetings. New projects. More meetings. New systems. More meetings. Writing reports. Analyzing stats. Making decisions. More meetings. Working hours? Officially probably from 8 am

Read More »