Sien jou hartsmense raak

Daar is blykbaar weer ‘n nuwe gier wat kop uitsteek op sosiale media. Self het ek dit gelukkig nog nie beleef nie, maar so duik dit tog op my Facebookmuur op soos mense dit deel. Dit kom basies daarop neer dat ‘n groep mense besluit om iemand wat hul ken ‘n poets te bak deur te maak asof een in die groep die vermoë het om die “slagoffer” te laat verdwyn.

In die een video is dit ‘n jong seun. Sy broer gooi ‘n lap oor sy kop, prewel “towerwoorde” en wanneer hy die lap afhaal maak die res van die gesin asof hulle die kind nie kan sien nie. “But I am here” pleit hy herhaaldelik tervergeefs en dis eers as hy begin huil dat die ander hom laggend vertel dit was net ‘n grappie.

Nie vir my snaaks nie, maar dit het my tog laat dink. Hoe baie maal kyk ons bo-oor die mense die naaste aan ons? Ons is so besig om van die een afspraak na die ander te jaag, die een projek na die ander klaar te maak, dat ons partykeer nie hoor as ‘n hartsmens vir ons sê, “Ek is hier. Sien my raak”, nie.

Partykeer raak juis die mense wat saam met ons in een huis leef vir ons onsigbaar. Ja, hulle is daar. Ja, julle groet en julle praat, maar wanneer laas het jy saam met jou naaste mense sommer net gesit en kuier? Sonder die TV, sonder slimfone, sommer net gesit en rustig gesels?

Die lewe is kort en vinnig, mense is belangrik en kosbaar. Spandeer tyd saam met die mense om jou. Sien hulle raak. Jy sien, die lewe werk anders as die simpel poets oor onsigbaarheid wat nou op sosiale media die rondte doen, in hierdie lewe kom daar ‘n tyd wat elke mens regtig verdwyn en dan is dit te laat…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Waar plant jy bome?
Inspiration

Waar plant jy bome?

Daar is ‘n ou Chinese gesegde wat sê dat Pa’s bome moet plant sodat hulle kinders eendag in die skaduwee kan sit. Dit is, as

Read More »
Start where you are
Inspiration

Start where you are

It is amazing what one finds when you do some gardening into the past. Look at this amazing quote by CS Lewis – British writer,

Read More »
Love Languages

Do you love your life?

My response to the question whether I love my life, is a resounding “Yes, most definitely!”. Here are a few reasons why:

• Jesus is

Read More »
Wie is Jy?
Temperaments

Wie is Jy?

Wat is die mens? “Kop, twee pootjies en ‘n pens,” het oom Leonard Vrey van Upington eendag vir my gesê. Ek het lekker gelag vir

Read More »