Wanneer mense jou teleurstel… 

Ek het ‘n passie vir mense. Dit is geen staatsgeheim nie. Uit die aard van my werk ontmoet ek daagliks nuwe mense en dit is vir my baie lekker. Ek is nou maar eenmaal een van daardie mense wat glo in die goedheid van ons spesie. ‘

‘n Mens sou dink dat ek na al die jare van beter moet weet, maar hardnekkig bly ek glo dat mense sal verkies om eerder van die platform van Lig as duisternis te leef, en dat wanneer hulle eers die keuse gemaak het, hulle dan hul bes sal probeer om eerlik en met integriteit te leef.

Ongelukkig sal daar altyd mense wees wat om een of ander rede besluit dis beter om ander mense in te doen, in die rug te steek of te verraai. Dis seker maar die wet van die gemiddelde. My een vriendin sê altyd toe sy jare terug as student in ‘n bank gewerk het, het die bankbestuurder eendag tydens ‘n personeelvergadering mense gewaarsku om tog maar die versoeking te weerstaan om oneerlik te wees. Volgens hom kan jy maar weet, ten minste 2 uit elke 100 mense sal steel. Sy het hom so gekyk en die mense om haar gekyk en gedink: “Ai nee, Meneer, nie hierdie mense nie.” Wraggies, binne ‘n jaar is twee mense ontslaan omdat hulle oneerlik met die geld gewerk het!

Wat maak ‘n mens as iemand jou in die rug steek? Wat maak jy as iemand vir wie jy respek het skielik iets doen wat jou diep teleurgesteld laat? As jou held of heldin voete van klei het?

Jy vergewe. Jy behou jou eie integriteit en waardes. Jy oordeel nie, want ons het almal foute. Maar, jy laat ook nie toe dat daardie persoon jou weer skade berokken nie. Soms is dit nodig om met ‘n skoon gewete ‘n vriendskap, verhouding of vennootskap te breek ten einde jouself en geliefdes te beskerm. En dan? Dan tel jy jou kop op, kyk die wêreld in die oë en hou aan om versigtig optimisties te glo in die goedheid van alle mense, ten spyte van die wet van die gemiddelde.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Exercise routine
Inspiration

Exercise routine

In my early years, as a young athlete, I was taught the ingredients of a balanced exercise programme. To prevent injuries and prepare me for

Read More »
Sand in my skoene
Inspiration

Sand in my skoene

Ek lees ’n aangrypende verhaal van Peter Jenkins wat ’n boek geskryf het oor ’n stap ervaring, A Walk Across America. Peter het oor ’n

Read More »
Tennisspelers
Inspiration

Tennisspelers

Ek het so ‘n bietjie tennis gespeel op skool maar was nou nie ‘n danige ster nie. Al was dit nog altyd vir my ‘n

Read More »
People knowledge needed
Temperaments

People knowledge needed

There are times when we think that the world revolves around money. That countries crash when their economies go for a nose-dive. Business leaders, we

Read More »