Sê nou ek is nie goed genoeg nie…

Die pad na sukses is steil en opdraand. Moenie opgee nie. Hou aan stap, stap stadiger as jy moet, maar hou net aan stap!

Onthou jy toe jy nog op skool of universiteit was en dit was eksamentyd? Jy het geswot tot dit gevoel het asof jy die lang vrae in jou slaap kan opsê. Dan stap jy by die eksamenlokaal in en skielik kry jy so knop op die krop van jou maag, jou hande begin sweet en jy dink paniekbevange: “Ek kan niks onthou nie!”

Het dit met jou ook gebeur? Die vrees wat jou sommer so wou oorval en lamlê. Hoe het jy dit oorbrug? Wel, jy het maar ingegaan, diep asemgehaal en die eksamen aangevat. Daar was nie veel anders wat jy kon doen nie.

Dis presies wat jy ook nou moet doen terwyl jy besig is om jou droom vlerke en fondasie te gee. Kom ek verduidelik net gou die vlerke en fondasie beginsels. Terwyl jy kan sien hoe jou droom besig is om werklikheid te word, moet jy nooit ophou droom nie. Jy moet heeltyd dink hoe jy jou droom nog verder sal kan uitbou sodat meer mense daardeur geraak sal kan word – jy gee jou droom dus vlerke. Maar terselfdertyd is jy besig om aan jou doelwitte te werk. Het jy ‘n lysie waar jy kan afmerk wat al bereik is, wat volgende gedoen moet word – dit is die fondasies van jou droom.

Ons mense is mos maar snaaks. Ons vrees verandering. En ja almal weet verandering is deel van die lewe. Tog sukkel baie van ons om daarby aan te pas. Jy was dalk vir lank in ‘n werk waar jy regtig nie gelukkig was nie. Op ‘n dag het jy jou goedjies bymekaar gemaak, ‘n geleentheid gesien en die stap geneem om vir jouself te begin werk. Te midde van al die opwinding, nuwe mense, kontrakte, kwotasies en werk, oorval die ou vrees jou weer. Wat as ek nie goed genoeg is nie? Wat as ek my woorde vergeet? As ek nie die projek kan voltooi nie?

Dis dan wanneer die ou gesegde van “fake it till you make it” inskop. Gaan sit rustig. Erken jou emosies, maar neem dan beheer daarvan en beweeg vorentoe, ongeag van hoe jy voel. Gaan doen wat jy moet doen! Onthou wie jy is. Weet waartoe jy in staat is. Moenie tou opgooi nie. Volhard in gebed en weet God is groter as jou onsekerheid.

Indien jy hierdie artikel geniet het, bestel vandag nog Pêrels in jou Sak deur Lynette Beer. Kilk hier om jou kopie te bestel!

" Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Outliers
Inspiration

Outliers

The inspirational author Malcolm Gladwell is known for his journey into the overlooked and misunderstood. In his well-known book The Outliers, he claims that genius

Read More »