Pappa en Mamma Vrees en hul gebroedsels

(Angs, Twyfel, Skaam, Besluiteloos, Bygeloof, Afsondering, Eensaamheid, Buitegewone Aggressie, Bekommernis, Minderwaardigheid, Lafhartigheid, Agterdog, Huiwerig, Terneergedruk en Hoogmoed)

Jy is of ‘n oorwinnaar, of ‘n slagoffer!


Daar is geen manier dat ons ‘n lewe van vrees kan ontsnap nie. Dit is wel moontlik om te leef te midde van vrees. Selfs diegene wat onwrikbaar in God en Sy beloftes glo, word met vrees gekonfronteer.

Ek moes self hierdie week vrees vierkantig in die oë kyk met ’n hart wat bolmakiesie slaan en gedagtes wat soos ping-pong balletjies hop terwyl elke moontlike negatiewe gedagte soos ’n werklikheid voor my afgespeel het. Slegs ‘n wilsbesluit om God op sy Woord te neem het verhoed dat angs my verteer en beheer en omsit in slapelose nagte.

Bo en behalwe statistieke wat bewys dat slegs 4% van dit wat ons vrees regtig gebeur, maan die Woord ons 88 keer om nie te vrees nie. Daar is ook ’n wonderlike ander belofte wat troos bring in Romeine 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” Met ander woorde wat ook al in elk geval gebeur, God sal dit ten goede laat meewerk. Ons hoef dus vir niks te vrees nie.

Hoe oorwin ons vrees?


Deur te onthou dat vrees slegs ‘n negatiewe gedagte is. Jy het die keuse en krag en kan doelbewus positiewe gedagtes bo negatiewe gedagtes kies. Uit positiewe gedagtes vloei positiewe woorde en word gevolg deur positiewe dade.

Jy moet voortdurend met jouself praat en somtyds raas om die effek en houvas van vrees daagliks te oorwin. Wanneer jy die emosie voel, moenie toegee daaraan nie; jy hoef nie lam in jou bene te word nie; jou mond hoef nie op te droog nie; jy hoef nie te sweet met die gedagte van wat voorlê nie, dit is nie nodig nie, want God is in beheer!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Exercise routine
Inspiration

Exercise routine

In my early years, as a young athlete, I was taught the ingredients of a balanced exercise programme. To prevent injuries and prepare me for

Read More »