Leer om jou terugslae te hanteer

Nie sukses of mislukking is ooit finaal nie! Al wat tel is moed… moed om aan te gaan!


Die lewe het mos maar sy steiltes en afdraandes. Soms gaan dit maklik, soms voel dit asof alles net wil verkeerd gaan. So is dit ook wanneer jy die groot besluit geneem het en die eerste treë gegee het om jou doelwitte te bereik.

Terwyl jou droom maar net ‘n lugkasteel was, kon jy in jou verbeelding sien hoe alles mooi en goed en reg uitwerk. Sonder probleme, of klippe in die pad. Maar nou dat jy die droom omsit in werklikheid, besef jy die pad is nie altyd gelyk nie. Soms is daar sommer groot reuse wat jou pad versper.

Wat doen jy as dinge begin skeefloop? As dit vir jou voel jou nuwe lewe oorweldig jou en jy weet nou nie meer herwaarts of derwaarts nie? Jy gaan soek hulp natuurlik! Ten eerste altyd by die Vader in gebed. Dan by die mense wat jy as mentors geïdentifiseer het. Gaan lees hoe die mense wat jy dink suksesvol hul drome uitleef, die doringvelde, reuse en klippe op hul pad hanteer het, en nog steeds hanteer.

Een ding moet jy besef. Die lewe is nie regverdig nie. Slegte dinge gebeur met alle mense. Die geheim lê daarin hoe jy dit hanteer wat op jou pad kom. Gaan jy moed opgee? Op ‘n hopie gaan sit en huil en spreekwoordelik soos die Israeliete van ouds terugverlang na die vleispotte van Egipte? Jy kan tou opgooi, dis jou keuse, maar ek wil vandag vir jou sê, moenie! Hou moed. Geen droom word oornag ‘n werklikheid nie.

“ Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in. Wat julle nodige het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dat sal julle ontvang wat God beloof het. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Wil jy altyd reg wees?
Temperaments

Wil jy altyd reg wees?

Wanneer ons op laerskool leer van teenoorgesteldes, word ons in ʼn sekere mate gekondisioneer. Ons glo dat iets of iemand wat nie mooi is nie,

Read More »
So bou jy karakter
Character

So bou jy karakter

‘n Mens word nie met karakter gebore nie. Ja, jy het beslis sekere ingebore persoonlikheidseienskappe* wat deel uitmaak van jou gene, maar karakter is iets

Read More »