Die son skyn, ons moet swem!

Ons beleef ‘n warm September, maar oor die algemeen is die swembadwater nou nog nie so dat mens wil induik nie. Hoor ek toe nou van die dogtertjie van vier wat saam met haar ouers op ‘n plaas gekuier het. Die plaas het ‘n swembad. Elke oggend het sy met groot entoesiasme buite toe gehardloop om te kyk of die sonnetjie skyn, want dan kon sy gaan swem.

Vra haar oor ontbyt wat is haar planne vir die dag het almal gehoor: “Ek gaan swem.” Niemand wou saam met haar swem nie, die water was te koud, maar dit het haar nie afgesit nie. Haar grootste vreugde was om elke dag ‘n paar maal te gaan swem, met wie ookal in die omtrek was wat agterna tou om ‘n ogie te hou.

Kinderlike vreugde oor ‘n sonnetjie wat skyn. Sien jy nog die son skyn of is jy so vasgevang in ‘n poging om te oorleef dat jy die klein vreugdes van die lewe miskyk? Waardeer jy nog daardie eerste koppie boeretroos in die oggend? Of daardie laataand kuiertjie saam met jou ander helfte? Ons is so geneig om te jaag van die een groot projek na die ander. Elke dag is ons dagboeke volgeprop en dit vat presiese beplanning om oral uit te kom. Maar, let ‘n bietjie op, wanneer is die beste oomblikke? Wat is dit wat jy eendag gaan onthou? Dat julle jaar na jaar betyds was vir skool, kerk en werk of eerder Boetie se gesiggie voordat hy sy eerste Bulletjie rugby gespeel het of Sussie se saamsing met haar gunstelingliedjie terwyl jul op pad skool toe is?

Maak tyd om die klein oomblikke van die lewe te geniet, soms ja selfs, die oomblikke van chaos en fiasko’s te waardeer, want die tyd gaan vinnig verby en dan is dit net die mooi herinneringe wat bly.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Impostor Syndrome
Inspiration

Impostor Syndrome

Impostor syndrome became a buzz word in psychology and business circles in the 1970s. This is the irrational feeling of a perfectly capable worker, who

Read More »
Hoe lyk jou verhaal?
Inspiration

Hoe lyk jou verhaal?

Fliekmakers weet dat sekere resepte werk. Hoe meer die kyker met die held se verhaal kan identifiseer, hoe groter die sukses van die fliek.

Read More »
Seek to understand
Inspiration

Seek to understand

Stephen Covey’s classical bestseller, “Seven Habits of Highly Effective People,” contains a wealth of insights and tips that would improve any reader’s life.

Read More »
Oefen geduld
Inspiration

Oefen geduld

Ek is nie van nature ‘n geduldige mens nie. Daarvoor is ek heeltemal te haastig. Ek ken ‘n paar geduldige mense en ek het net

Read More »