Kyk verby omstandighede en gryp die lewe aan!

Jare terug het ‘n onderwyser, Mnr Deon Goosen, altyd gesê: “dit wat jy glo, kan vir jou gebeur.” Dit het my aangegryp en gehelp om my lewe te vorm. My grootwordjare was nie altyd maklik nie. Finansieël het dit broekskeur gegaan en ek het myself belowe, eendag as ek groot is gaan ek nie sukkel nie. Ek het toe ook al geweet, ek gaan mense positief beïnvloed.

Van kleinsaf het ek gereeld my boeties sit gemaak en vir hulle gepreek. Die verwarmer was my preekstoel en hulle moes maar net luister en kollekte opneem! Hoekom vertel ek jou hierdie dinge vandag? Want ek kry die gevoel daar is so baie van ons mense wat moedeloos is, wat in hul omstandighede vaskyk en nie meer droom nie, nie meer die lewe aangryp en voluit lewe nie.

Dis vir julle wat my hart breek. Vir julle wat ek wil sê, kyk weer op, onthou waar jou hulp vandaan kom en gryp elke geleentheid aan. Moenie wag vir perfekte omstandighede om weer op te staan nie. In die dae toe ek nog vir ‘n baas gewerk het, het ek altyd verklaar, as ek my werk moet verloor, sal ek binne ‘n week weer werk hê. Ek was bereid om verniet te werk. Enigiets om nie by die huis te sit nie. Ek glo dat wanneer jy net by die huis sit, sien jy later net jou omstandighede raak. Dit word hierdie reuse wat jou pad versper en dit maak jou moedeloos. Moedelose mense het nie meer hoop nie. Sonder hoop het jy geen vreugde nie. Sonder vreugde is daar nie geloof nie. Sonder geloof het jy geen toekoms nie. Wat ‘n bose kringloop! Breek dit vandag. Kyk verby jou omstandighede. Vra die Vader om jou op te help en gaan soek iets om te doen buite jou omstandighede, al gaan help jy net om toebroodjies by die laerskool om die hoek uit te deel.

Jy, my liewe leser, kan vandag ‘n positiewe impak hê op die mense om jou, gaan dan uit en wees die verskil.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Is jy ‘n Meer-Meester?
Inspiration

Is jy ‘n Meer-Meester?

Multi-tasking is een van daai begrippe wat nie lekker in Afrikaans vertaal kan word nie. Dubbeldoener, Ratse Raakvatter, Meermeester – dis wat vir my nou

Read More »
Kwartleeftyd-krisis
Inspiration

Kwartleeftyd-krisis

Ek kyk onlangs na ‘n You Tube-video oor Millennials wat ‘n kwartleeftyd-krisis beleef en ek dink ai siestog, die arme goed! Dat hulle nou op

Read More »