Kyk verby omstandighede en gryp die lewe aan!

Jare terug het ‘n onderwyser, Mnr Deon Goosen, altyd gesê: “dit wat jy glo, kan vir jou gebeur.” Dit het my aangegryp en gehelp om my lewe te vorm. My grootwordjare was nie altyd maklik nie. Finansieël het dit broekskeur gegaan en ek het myself belowe, eendag as ek groot is gaan ek nie sukkel nie. Ek het toe ook al geweet, ek gaan mense positief beïnvloed.