In ‘n oogwink kan alles verander. 

In elke mens se lewe gebeur daar soms dinge wat alles onherroeplik verander. Baie maal is dit goeie nuus. Dink maar aan die dag wat jy jou man ontmoet het, of toe jy gehoor het jy is swanger of daardie oproep om te bevestig jy het jou eerste werk gekry. Daarna was alles anders.

Dan is daar ook die tye wat die lewe dwarsklappe uitdeel. Die afsterwe van ‘n geliefde, die nuus dat die gewas kwaadaardig is, die maatskappy wat toemaak en jou van jou inkomste beroof. Klein oomblikke wat jou hele lewe in ‘n ander rigting stuur. Buite jou beheer. Dit gebeur net en jy moet aanpas.

Jy kan alles wen of verloor binne minute. Dit is in sulke tye wat jy moet weet wie jy is. Moet nooit jou waarde bepaal in dit wat jy het of in dit wat jy doen nie. Geld, goed en status kan oornag van jou weggeneem word, maar jy moet kan staande bly.

Hoe doen mens dit? Jy hou vas aan geloof, hoop en liefde. Vergewe dadelik anders word jy bitter. Bitter mense is gevaarlike mense. Dankbare mense het hoop. Ek sê altyd, hoop is ‘n droom wat aanhou al word ons wakker. As jou wêreld op sy kop gedraai het en dit voel vir jou alles val uitmekaar, moenie dit alleen probeer hanteer nie. Reik uit na die mense rondom jou… jou familie, vriende, kollegas, mede gelowiges by die kerk. Hou aan bid al weet jy nie wat of hoe of waarom nie, weet dat die Vader jou ook deur hierdie krisis sal dra.

Fokus op dit wat wat jy nog het en nie dit wat van jou weggeneem is nie. Help ander. ‘n Mens dink altyd jou situasie, siekte of krisis is die ergste totdat jy om jou begin kyk en ‘n hand uitsteek om ander te help. Onthou, elke krisis het ook ‘n einde en dan wag daar ‘n nuwe begin. Durf dit aan met dankbaarheid en vertroue in die Vader. Hy sal sorg.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Find Your Ikigai
Inspiration

Find Your Ikigai

Ikigai is a Japanese word that means “a reason for being”, also referred to as the Japanese secret to a long and happy life. Life

Read More »