Hoe wil jy hê moet dit werk by jou werk?

Ek is so bevoorreg om te voel my werk is nie regtig werk nie, want ek geniet dit wat ek doen so baie. Tog is daar ook tye wanneer my dokter of my vriende vir my sê: “Hokaai, Lynette! Jy werk nou te veel. Jou gesondheid, jou verhoudings ly skade en dis nie goed vir jou nie.”

Hoeveel ure per week werk jy? Dalk werk jy nie buitenshuis nie of miskien sien jy jouself nie as ’n persoon met ’n loopbaan of beroep nie. Tog is ons almal op een of ander manier besig met werk.

En ons almal wil graag in ons dagtaak of in ons formele beroep, suksesvol en gelukkig voel. Het jy al uitgewerk hoeveel tyd dit van jou verg?

Hier is die antwoord: Mense spandeer tot so baie as 90 000 ure van hulle lewe by hulle werk. Dis omtrent gelykstaande aan tien jaar se ure. Onthou nou, ons praat van elke uur van elke dag van daardie tien jaar!

Kortom, dis waarlik ’n baie groot deel van jou lewe wat deurwerk ingesluk word. Kan jy sien hoe noodsaaklik dit is om seker te maak dat hierdie wavrag ure bydra tot jou algemene welsyn en geluk?

Die Harvard Besigheidskool het navorsing gedoen om te bepaal wat die beste aanduidings van sukses in die werkplek is. Hulle het gekyk na mense se tegniese vaardighede en na konvensionele intelligensie of die I.K. (Intelligensie Kwosiënt).

Maar toe het hulle ook besluit om mense se E.K. of emosionele intelligensie te toets. Tot almal se verbasing het hulle gevind dat E.K. of emosionele intelligensie belangriker is as die ander vaardighede wanneer besighede wil bepaal wie suksesvol (gelukkig!) gaan wees en wie nie.

Wat ook vir die navorsers uitgestaan het, is dat net 10% van ’n mens se lewe bepaal word deur dit wat met jou en rondom jou gebeur. 90% word bepaal deur hoe jy daarop reageer.

JY is die een wat bepaal wat jy met jou lewe maak. Besef jy wat dit beteken? Dat jy beheer het oor 90% van jou eie lewe! Maar hier is die geheim: Dit waarop jy ʼn greep moet kry, is jou gedagtes en jou emosies.

Dis hier waar Emosionele Intelligensie inkom. Dis soos ’n geheime wapen wat ons redelik onlangs eers begin vasvat het. Daniel Goleman het in die 1990’s die naam en definisie verwoord.

Hy het die aandag gefokus op Emosionele Kwosiënt (E.K.) in teenstelling tot Intelligensie Kwosiënt (I.K.). Sy eenvoudige definisie van E.K. is: Die vermoë om emosies te kan identifiseer, evalueer en beheer – jou eies in die eerste plek, maar ook dié van ander mense en van groepe.

Hierdie vaardigheid is absoluut bepalend vir leierskap, sukses en gesonde balans in die lewe. Tog dink baie mense dat emosies net ’n rol speel wanneer ons oor liefde, vrees, woede of ander groot en sigbare gevoelens praat. Dis nie waar nie!

Het jy geweet dat die wetenskap reeds 34 000 emosies geïdentifiseer het? Emosies is oral om ons en raak letterlik elke faset van ons menswees. Ons is emosionele wesens of ons dit nou wil erken of nie.

Emosies kan ons op die pad hou of ons die spoor laat byster raak; dit kan ons laat groei of dit kan ons pootjie. En as ons verstaan hoe emosies in mense werk, en hoe ’n mens dit in jou manier van dink en doen moet integreer, kan dit jou werksure positief laat werk vir jou welsyn en geluk.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Hoe lyk my uitdagings?
Inspiration

Hoe lyk my uitdagings?

Ek moes onlangs ‘n aanbieding vir ‘n korporatiewe groep voorberei. In plaas van die gebruiklike versoek vir ‘n CV, stuur hulle vir my ‘n paar

Read More »