Hoe weet ek wat is my roeping?

Mense met visie kan doen wat geen andermens kan nie.


Ons is dikwels uitstekend om die potensiaal in ander mense raak te sien en hulle aan te moedig om hul drome uit te leef,
maar faal om die potensiaal in onsself te sien en ons eie drome te verwesenlik. En dikwels het mense geen idee wat hulle Godgegewe roeping is nie.

Hoor wat sê God vir Jeremia in Jeremia1:4,5: “Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak”

As dit waar vir Jeremia is, is dit ook waar vir jou! God sê ook vir jou: “Ek het jou geroep, Ek het ‘n spesifieke doel met jou lewe,‘n plan. Jy moet ‘n spesifieke taak vervul. Jou lewe het betekenis.”

Dit is uiters opwindend om te weet dat God steeds met jou en my praat en ons roep tot ‘n lewe vol betekenis. Hy praat deur Sy woord, deur predikante, deur omstandighede, en Hy praat vandag met jou. Die geheim is dat jy moet leer om Sy stem te hoor.

As kind het ek gedroom om voor groepe mense te staan en praat en hulle positief te beïnvloed. Ons het ‘n gasverwarmer
gehad en ek het dikwels dit as my podium gebruik en my boeties maak sit terwyl ek vir hulle “gepreek” het.

Gaan dink mooi wat jy as kind graag gedoen het, kanse is goed dat dit verband hou met jou roeping. Vra jouself ook die volgende vrae:

  • Waarvan hou ek?
  • Waarvan hou ek nie?
  • Wat maak my kwaad?
  • Wat maak my hartseer?

En dan die belangrikste vraag van almal… Wat sou jy wou doen as almal dieselfde geld sou verdien het ongeag of jy ‘n ekonoom of administratiewe beampte was? Sou jy steeds doen wat jy nou doen? Geld moet nooit die motiveerder wees vir wat jy doen nie.
Jou roeping moet.

Selfs wanneer jy weet wat jou roeping is, besef dat dit nie sommer net in jou skoot sal val nie. Dit vat tyd, werk en opoffering.

Partykeer vat dit jare se voorbereiding voordat jy kan doen wat jy gebore is om te doen. Moet nooit in jou omstandighede vaskyk nie. Die Here het altyd ‘n groter en ‘n baie spesifieke plan met jou lewe. Bid dat Hy daardie plan vir jou sal openbaar en die regte mense jou pad sal kruis in jou strewe om dit te verwesenlik.

“ U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is .”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Wat het jy gedoen?
Inspiration

Wat het jy gedoen?

Dit is Woensdagoggend net na ses en die pad na die Vaaldriehoek lê oop voor my. Ek luister na – soos my peetdogtertjie sal sê

Read More »
Carpe diem
Inspiration

Carpe diem

Omdat ek gereeld moet reis, kry ek genoeg geleentheid om mense dop te hou. Ek kan my verkyk aan mense se optredes en reaksies. Dis

Read More »
En toe gly my voet
Priorities

En toe gly my voet

‘n Mens se agtergrond en opvoeding draby tot wie jy is, maar wat jy word is jou eie verantwoordelikheid. Nie elke oggend word begin met

Read More »