Doen dit ordentlik of los dit

Dit maak my sommer warm onder die kraag as iemand iets halfhartig doen. Ek glo mos as jy ‘n ding doen, dan doen jy dit behoorlik. Jy gee jou beste, maak nie saak wat die taak is wat jou opgelê is nie.

As jy vooraf weet jy is so besig dat jy nie genoegsame tyd aan iets kan afstaan nie, sê liewer “nee” alvorens jy iets halfgebak doen. Dink ook eers hoekom jy wil “ja” sê om byvoorbeeld toebroodjies vir die skool se voedingsskema te voorsien. Is dit om iemand te beïndruk, voel jy dis jou plig of omdat jy regtig omgee vir die kinders wat afhanklik is van die elke dag se broodjies by die skool om hul aan die gang te hou?

As jou hart reg is, sal die produk reg wees. ‘n Mens kan sommer sien wanneer het iemand iets met hart gedoen en wanneer nie. In ‘n wêreld waar daar soveel hartseer, kwaad, geweld en swaarkry is, kan die kinders ten minste ‘n netjies verpakte vars toebroodjie by die broodjietafel kry? Of is dit te veel gevra…

Miskien het dit tyd geword dat ons almal weer vir ‘n slag tot stilstand kom. Rustig raak en dink… waarvoor gee ek regtig om? Wat is dit wat ek regtig wil doen? Fokus op dit wat regtig vir jou sin maak en gee dit jou alles.

Wees jy, net jy. Jy hoef nie dieselfde opinie as almal om jou oor goed te hê nie. Jy hoef nie alles te doen wat almal om jou doen nie. Jy hoef regtig ook nie 24/7 besig te wees nie. Maar, wat jy ook al besluit om te doen, sit jou hart daarin. Dit beteken jy doen en gee die beste wat jy kan bekostig met betrekking tot jou geld, jou tyd en jou menswees. Sodoende sal jy ‘n veel groter impak hê as iemand wat by tientalle projekte betrokke is maar alles sonder passie doen.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

The Five Love Languages
Love Languages

The Five Love Languages

Almost 3 decades ago, Gary Chapman’s The Five Love Languages, took the world by storm. 13 million copies later, it is still a popular communication

Read More »
Motivation by appreciation
Love Languages

Motivation by Appreciation

How motivated is your team to work? Do they feel appreciated? It’s astonishing to see how many people leave relatively high-paying jobs because they don’t

Read More »
A list for every occasion
Priorities

A list for every occasion

For some temperament types, making lists and planning everything come naturally. They live on schedules and by schedules every step of the way, doesn’t matter

Read More »
Run your own race
Goals

Run your own race

In June everybody’s attention was once again drawn to, what certainly must be one of South Africa’s most famous long-distance races, the Comrades Marathon. Thousands

Read More »