Corona haak aan alles vas

“Wanneer ek my vrees nie kan oorwin nie, maar prooi word daarvan, is die oorsaak van my vrees nie meer buite my nie, maar binne my. Dan het ek ernstig siek geword en het ek ‘n geneesheer nodig.”


Dié woorde van die bekende teoloog Johan Heyns, dreun deesdae in my kop, elke keer wanneer ek rondom my kyk na mense se angs oor die Corona-virus. Jy sien dit in winkels maar die ergste tekens is in dit wat mense in die winkeltoue en by die werk vir mekaar sê. Ek glo dat angs van jou ‘n gestremde maak. Dit tap jou energie en put jou uit. Dit steel jou krag vir vandag en môre en kan jou verlam.
 
Ek glo dat die huidige paniek uit onsekerheid gebore is. Kom ons wees eerlik met mekaar: Ons was nog nooit hier nie. Dis nie net die virus wat nuut is nie, die ekonomie, waar ons ookal beweeg – ons lewens – is onderstebo. Ons kan nie meer gaan uiteet of gaan fliek nie, dis skielik gevaarlik om mall toe te gaan, as jy wil trou mag jy nie meer as 100 mense nooi nie en jy kan nie meer kerk toe gaan nie.
 
Ons haat onsekerheid. Want dit beteken ons verloor beheer en ons outonomiteit – wat ook maar net ‘n illusie is – word van ons weggeneem. ‘n Mens kan jou verseker teen diefstal en brand; as jy besluit ‘n plek of ‘n land het vir jou te gevaarlik geword om in te bly, dan immigreer jy. Maar wat doen jy as die hele wêreld skielik onveilig geword het? 
 
Toe ek klein was, was daar ‘n spanningsreeks oor die radio wat begin het met “Mark Saxon, no place to hide.” Ek het gedog dit het iets met wegkruipertjie te make. En dis waar ons nou is – in ‘n wêreld waar daar geen wegkruipplek is nie. Dis byna soos wegkruipertjie speel in die woestyn.
 
As ons dalk ‘n wegkruipplek sou opspoor, waar daar genoeg kos en ontsmettingsmiddels en toiletpapier is, vat ons nog steeds ons vrees met ons saam. Hierdie vrees, glo ek, het duisend maal meer hakies as die corona-virus. Hy haak nie net aan ons hande en ons longe vas nie – hy verlam ons van kop tot tone. Wat maak ek met hierdie vrees wat my vreugde en my vrede van my steel? 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Carpe diem
Inspiration

Carpe diem

Omdat ek gereeld moet reis, kry ek genoeg geleentheid om mense dop te hou. Ek kan my verkyk aan mense se optredes en reaksies. Dis

Read More »
Tennisspelers
Inspiration

Tennisspelers

Ek het so ‘n bietjie tennis gespeel op skool maar was nou nie ‘n danige ster nie. Al was dit nog altyd vir my ‘n

Read More »
Die snoeiskêr
Inspiration

Die snoeiskêr

As jy swaarkry kies, is daar fout met jou. Dis iets wat masochiste doen. Maar as jy ‘n berg wil klim, weet jy dat jy

Read More »