Verlief wees is maklik, maar die liefde…

Februarie is bekend as die maand van die liefde, met Valentynsdag so mooi in die middel. Dit is net rooi rose, en hartjies waar jy kyk. So ver van ware liefde verwyder soos Gauteng van die oseaan. Jy sien, om iemand regtig lief te hê vra soveel meer van elkeen van ons. Om enige verhouding te laat werk, moet mense leer om mekaar te verstaan.

Alle mense is van kleinsaf betrokke in verhoudings met ander. Deur die loop van ons lewens ontmoet ons baie mense met wie ons interaksie het. Ons is voortdurend besig om met ander te kommunikeer. ‘n Mens sou reken dat goeie verhoudings en kommunikasie maklik moet wees. Dis dan die een ding wat almal doen.

Toe nou nie. Waar mense is, is daar konflik, misverstande en gereelde aantygings van “niemand verstaan nie”, “jy luister nie” en “niemand waardeer my nie.” Selfs in die gelukkigste huisgesinne woed daar tienerstorms, die beste werksplekke het konflik, en jarelange vriende kan skielik ‘n uitval hê.

Hoekom? Ten eerste omdat mense verskil. Geen twee mense is dieselfde nie. Wat ‘n goeie ding is, anders sou die lewe baie eentonig gewees het. Tweedens omdat mense mekaar nie verstaan nie. Net omdat julle dieselfde moedertaal het, beteken dit nie julle praat dieselfde emosionele taal nie. Derdens, en hierdie is ‘n groot probleem vir baie van ons, is omdat mense hulself nie ken en verstaan nie.

Dit bring nog nie eers die verskille in kulture, opvoeding, geloof en spreektaal in berekening nie! Geen wonder daar heers party dae ‘n Babbelse verwarring in ons huise en die werksplek nie.

Gelukkig is daar altyd hoop. Ons kan leer om mekaar beter te verstaan. Gaan dink bietjie hierdie week oor die dinge dinge wat jou gewaardeerd en geliefd laat voel. Bespreek dit met jou ander helfte, beste vriendin of gesinslede. Jy sal dalk agtergkom dat jy meer van geskenkies gee en ontvang hou, maar jou beste vriendin voel gewaardeerd as jul elke week kuiertyd kan inwerk. Leer om ook die mense om jou se emosionele tale te praat, saam sal jul die positiewe impak op jul verhoudings sien.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Om met eer te wen
Inspiration

Om met eer te wen

Die Keniaanse atleet Abel Mutai was los voor in die resies. Enkele meters voor die wenstreep, het hy gestop omdat hy gedink het dat dit

Read More »