Geen persoonlike groei, wysheid en insig is moontlik sonder foute nie!
In hierdie lewe gaan jy verseker een of ander tyd seerkry. Iemand gaan jou teleurstel; iemand gaan vir jou lieg; iemand gaan jou in die rug steek; iemand gaan jou verwerp; iemand gaan jou faal in ’n oomblik wat jy hulle waaragtig nodig het. En weet jy wat? Wanneer dit wel gebeur, gaan jy jouself moet beskerm.
Om jouself te beskerm, gaan jy ‘n beginselsbesluit moet neem waarop jy gaan staan. Ek het op ‘n aanhaling afgekom van ’n ene Leroy Satchel Paige, ’n Amerikaanse basketspeler wat vereer was deur in die Basketball Hall of Fame opgeneem te word. Hy het geskryf: “Work like you don’t need the money, dance like nobody is watching and love like you’ve never been hurt”
Love like you’ve never been hurt? Hoe diepsinning is dit nie? Dit het my hart gegryp! Hoe is dit moontlik wanneer die pyn
van verwerping ons been en gewrigte deurdring? Gedagtes van weerwraak en moedswilligheid neem oor.
You just got to love like you’ve never been hurt? Natuurlik onmoontlik alvorens jy vergifnis verstaan. Vergifnis beteken om ’n oortreding te verskoon. In die Bybel beteken die Griekse woord wat met “vergifnis” vertaal word, letterlik “om te laat vaar”, soos wanneer iemand nie daarop aandring dat skuld afbetaal word nie. Jesus leer: “Vergewe ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat by ons in die skuld is” – Lukas 11:14.
Ons vergewe wanneer ons gegriefdheid laat vaar en nie daarop aandring om vergoed te word vir die pyn of verlies wat ons gely het nie. Die Bybel leer dat onselfsugtige liefde die grondslag is vir ware vergifnis, want liefde hou nie boek van die kwaad nie. Om foute te maak is menslik, om te vergewe is goddelik!
Love like you’ve never been hurt!
“Verdra mekaar en as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam.”
Kol. 4:13-14 (NLV)







