Konflik is normaal én noodsaaklik

Soos met die beeld van die Libra, die Romeinse skaal en simbool van reg en regverdigheid, van ewewig en gelykheid, impliseer balans altyd twee kante. Wanneer die twee bakkies van die skaal dieselfde weeg, wys die naald dat die twee in balans is. Dan praat ons van die fyn balans, die sentrale punt waar daar gelykheid is.

Met konflik is dit nie anders nie. Soos met die beeld van die skaal, is daar twee partye – nes die twee bakkies wat op en af tiep, totdat hulle tot ‘n vergelyk kan kom en later ophou beweeg. Dit is die punt van konsensus en aanvaarding, van begrip en insig – die einddoel waarop albei partye moet mik.

Konflik, en veral gesonde konflik, is normaal en noodsaaklik. Mense verskil. Mans en vrouens verskil. Menings, doelwitte en maniere van doen verskil. “Soveel mense, soveel menings”, het die ou filosowe gesê. En waar mense saam leef en werk, vryf hulle teen mekaar af en konflik word deel van die dinamiek van die lewe.

Om konflik te vermy – in enige menseverhouding – is soos om ‘n drukpot te laat droog kook. Ȇrens in die nabye toekoms, gaan die druk opbou tot die pot ontplof. Konflik tussen emosioneel volwasse mense kan ‘n bousteen word wat tot beter begrip en groei kan lei – mits dit reg hanteer word.

Konflik wat die regte pad loop, eindig altyd in balans. Wanneer albei partye ‘n wen-wen oplossing nastreef, kan konflik gebruik word om die lug te suiwer, mekaar beter te verstaan en so te groei. Maar dis makliker gesê as gedaan.

Nes met die skaal se twee bakkies, gaan dit in konflik oor ‘n magstryd. Die een met die meeste mag, of die sterkste argument, weeg die swaarste. Maar – en hier lê die geheim – as die een party die ander een uitskakel, is daar nie meer sprake van balans nie. Want balans kan net tussen twee partye wees – albei moet op die dansvloer bly tot die musiek ophou.

Konflik gaan nie oor wen nie, maar oor verstaan en uiteindelike aanvaarding. Balans as einddoel van konflik, is harde werk. Dit vereis dat albei partye die hele tyd volwasse, regverdig en bewus moet wees. Menslik, is dit nie sommer moontlik nie. Maar met die gawe van God se wysheid, liefde en onderskeidingsvermoë, kan jy by balans uitkom.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Krap die verf af
Inspiration

Krap die verf af

Ek lees onlangs hoe ‘n dapper vrou besluit het om haar ou huis se deure te restoureer. Sy vertel van die harde werk om deur

Read More »
Motivation by appreciation
Love Languages

Motivation by Appreciation

How motivated is your team to work? Do they feel appreciated? It’s astonishing to see how many people leave relatively high-paying jobs because they don’t

Read More »
Wat is jou nalatenskap?
Inspiration

Wat is jou nalatenskap?

Die afskeid het saam met die eerste somerreëns gekom. Dit het my opgeval, die blydskap oor die langverwagte reën en die groot hartseer omdat een

Read More »