Carpe diem

Omdat ek gereeld moet reis, kry ek genoeg geleentheid om mense dop te hou. Ek kan my verkyk aan mense se optredes en reaksies. Dis al byna tweede natuur vir my om hulle temperamente uit te snuffel en te verstaan waarom hulle mekaar so verkeerd kan opvryf. Maar dis ook vir my lekker om dieper te dink oor mense se manier van lewe.