Die son skyn, ons moet swem!

Ons beleef ‘n warm September, maar oor die algemeen is die swembadwater nou nog nie so dat mens wil induik nie. Hoor ek toe nou van die dogtertjie van vier wat saam met haar ouers op ‘n plaas gekuier het. Die plaas het ‘n swembad. Elke oggend het sy met groot entoesiasme buite toe gehardloop om te kyk of die sonnetjie skyn, want dan kon sy gaan swem.