Watter spore los jy vir die volgende geslag?

Laasweek kry ek ‘n versoek van ‘n jarelange vriendin om ‘n begrafnisdiens op kort kennisgewing te lei. Ek ken nie die vrou wat oorlede is of haar familie nie, maar stem tog in. Kort daarna kontak die oorledene se dogter my en boul my vir ‘n ses, soos wat die krieketliefhebbers sal sê. Haar ma was ‘n ateis, kan ek asseblief die diens lei sonder om na geloof te verwys?

Dit was ‘n moeilike een. Hoe troos jy iemand wat nie aan die ewige lewe of aan ‘n liefdevolle, vertroosende God glo nie? Ek besluit om op hoop en liefde te fokus, met die klem op die nalatenskap wat ons elkeen moet agterlaat.

Vanoggend lees ek ‘n berig op ‘n media nuuswerf raak waar daar gepraat word oor ‘n vrou in Amerika wat oorlede is. Haar kinders het ‘n doodsberig in die plaaslike koerant laat plaas. Anders as die gewone, het hierdie een hul ware gevoelens laat blyk. Hulle eindig die berig met: “Sy sal nie deur Gina en Jay (haar kinders) gemis word nie, en hulle verstaan dat die wêreld ‘n beter plek is sonder haar.”

Sjoe! Hoeveel hartseer, woede en bitterheid is nie in daardie sin opgesluit nie? My hart huil vir die vrou wat op 80 jaar oorlede is en net gebreekte lewens agtergelaat het en ook vir hierdie twee mense wat met soveel haat en onvergewinsgesindheid deur die lewe gaan. As hulle maar net kon besef dat hulle daardeur hul ma toelaat om selfs vanuit die graf ‘n negatiewe invloed op lewens te hê.

Die vreemde, vir my, begrafnisdiens en die nog vreemder doodsberig het my laat dink. Wat gaan mense eendag op my begrafnis sê? Wat doen ek vandag wat ‘n positiewe spoor los vir die generasies wat nog moet kom? Jou nalatenskap is veel meer as jou aardse besittings, of dat jou kinders se oë soos joune lyk, dit omsluit alles wat jy in jou leeftyd op hierdie aarde doen, die goeie en die slegte. Mag die spore wat ons trap, geloofspaadjies oopmaak vir die jonger geslag gevul met positiewiteit, hoop en liefde.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

What is your dream?
Dream

What is your dream?

Let’s be honest – realists take a dim look at dreamers. Day dreamers are classified as scatter-brains, people with their heads in the clouds, leading

Read More »
Sulke rakkers!
Inspiration

Sulke rakkers!

ʼn Paar jaar gelede, nadat ek vroegoggend van die gimnasium by die huis gekom het, was ek onkant betrap toe die huis se deur wawyd

Read More »
Oefen geduld
Inspiration

Oefen geduld

Ek is nie van nature ‘n geduldige mens nie. Daarvoor is ek heeltemal te haastig. Ek ken ‘n paar geduldige mense en ek het net

Read More »
You are the filing clerk
Inspiration

You are the filing clerk

It is not easy to understand the intricate relationship between our thoughts and emotions. We know that thoughts trigger emotions and we know that emotional

Read More »