Wat weet ons van die liefde?

Al het Gary Chapman se boek oor die Vyf Liefdestale ʼn groot bydrae gemaak tot ʼn beter begrip van liefdesverhoudings, het navorsing in 2017 bewys dat liefdestale-konsep net werk wanneer albei partye bereid is om aan hulle gedrag te werk.

Wanneer paartjies bewus raak van hulle verskillende behoeftes en bereid is om mekaar se emosionele behoeftes raak te sien, word dit moontlik dat albei geliefd voel in die verhouding. Maar, daar is nog steeds een vereiste wat die verhouding se toekoms sal maak of breek – die diepte van die paartjie se vriendskap.

Dit was die belangrikste bevinding uit navorsing deur dr John Gottman, stigter van die Gottman-instituut. Hy het saam met sy vrou, dr Julie Gottman, en ʼn span wetenskaplikes intensiewe navorsing gedoen op meer as 40 000 paartjies in ‘n Liefdeslaboratorium in Seattle, Amerika. Hierdie sogenaamde “Love Lab” het paartjies vir meer as twintig jaar bestudeer – tot in hulle laat 80’s and 90’s.

Die paartjies se hantering van konflik is veral van nader bekyk. In Gottman se baanbrekerswerk The Seven Principles for Making Marriage Work, noem hy dat hy met 91% akkuraatheid kan voorspel of ʼn verhouding sal hou, nadat hy ʼn stryende paartjie vir net 5 minute dopgehou het. 

Wat weet ons van ware liefde?

  • Dat liefdesverhoudings belangrik is.
  • Dat daar magiese krag is in liefde wat hou. En dat ons paartjies kan help om hierdie magiese krag te ontdek en in stand te hou.
  • Dat dit gebou is op twee pilare – vertroue en ʼn opregte verbintenis tot die verhouding. As hierdie twee pilare in plek is, kan die aanslae van buite, en foute wat albei maak, die liefdeshuis se mure staande hou.
  • Dat ʼn diep vriendskap die belangrikste element is van ʼn verhouding wat hou.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Die snoeiskêr
Inspiration

Die snoeiskêr

As jy swaarkry kies, is daar fout met jou. Dis iets wat masochiste doen. Maar as jy ‘n berg wil klim, weet jy dat jy

Read More »
True leaders ask questions
Inspiration

True leaders ask questions

Leaders all have different styles of leading. Some give instructions or direct their teams down to the minutest detail, others believe in a participatory style,

Read More »
Waar kry ek jou?
Inspiration

Waar kry ek jou?

Beraders word geleer om heel aan die begin van ‘n gesprek versigtig uit te vis waar die kliënt hom of haar emosioneel bevind. Goeie leiers

Read More »