In my kleintyd was daar ‘n Chihuahua-brak in ons straat. Sy naam was Pim. ‘n Mens kon nie help om jou te verkyk aan die klein bokkie-agtige diertjie nie, maar as hy eers met sy geniepsige kefferblaf begin het, wou jy sy nek omdraai. Eintlik was hy verskriklik dom. Wanneer hy iets verkeerd gedoen het soos om verbygaande motors te jaag het hy agter ‘n blom gaan wegkruip en sy oë styf toegeknyp. Want hy’t gedink as hy jou nie kan sien nie, kan jy hom ook nie sien nie.
 
Elke middag rondom vieruur het ‘n oom met sy bulhond by ons huis verbygestap. Pim het gewag tot dié twee so tien tree van sy huis af weg was, en dan het hy die bulhond met ‘n gekef agterna gesit. En dan, klokslag, het die snaaksste toneel hom afgespeel. Die bulhond het begin hardloop, met die keffer agterna. Wanneer Pim besluit het dat hy sy doel bereik het, het hy omgedraai en triomfantelik teruggekom. Ons het op ons stoepe gestaan en lag vir die petalje.
 
Tot eendag. Toe die bulhond besluit het om te kyk wat dit is wat hom so jaag. Hy het een donder whoef! ge-uiter, sy tande gewys en rustig saam met sy baas verder geloop. Pim het homself net daar natgemaak en met toe oë agter ‘n blom gaan wegkruip. Dit was die einde van dié speletjie. Van toe af het Pim aan die veilige kant van die heining gebly. 
 
Jare later onthou ek nog steeds dié prentjie en die les wat ek daaruit geleer het. Soms hardloop jy jou bene af om weg te kom van iets of iemand wat kef in jou ore. Jy maak nie die tyd om te kyk of te dink wie of wat dit is wat jou jaag nie – want jy is te besig om te hardloop.
 
Gaan staan ‘n slag stil en kyk wat jou jaag. En sê dan whoef! vir die iets of iemand wat jou gemoedsrus by jou steel. Wys jou tande, en stap rustig verder – want dié ding is kleiner as jy…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Waar kry ek jou?
Inspiration

Waar kry ek jou?

Beraders word geleer om heel aan die begin van ‘n gesprek versigtig uit te vis waar die kliënt hom of haar emosioneel bevind. Goeie leiers

Read More »
Make a warm impression
Inspiration

Make a warm impression

It is an early cool morning in central Johannesburg. Picture the fancy foyer meeting place of mostly strangers, arriving for a day conference. They are

Read More »
Oefen geduld
Inspiration

Oefen geduld

Ek is nie van nature ‘n geduldige mens nie. Daarvoor is ek heeltemal te haastig. Ek ken ‘n paar geduldige mense en ek het net

Read More »