Wat as die lewe begin dwarsklappe uitdeel?

As jy val – hou vas aan al die redes waarom jy moet opstaan.


Die lewe is nie altyd maklik nie, ten spyte van al die oulike boodskappies en Bybelversies wat jy daagliks op WhatsApp en Facebook lees. In die week moet ‘n vrou inderhaas van Australië terugvlieg om haar ma se begrafnis by te woon. Ek hoor van ‘n Ouma van amper 95 wat twee weke voor die geboorte van haar agter, agterkleinkind sterf. ‘n Jong vrou is nou ‘n weduwee met drie klein dogtertjies nadat haar man onverwags in ‘n
motorongeluk dood is.

Al hierdie mense is in rou gedompel en vir hulle maak al die oulike boodskappies nie meer sin nie. Die oomblik wanneer iemand na aan jou sterf, betree jy ‘n stuk van jou lewensreis met baie donker kolle. Die rouproses het ‘n definitiewe begin, maar ongelukkig nie ‘n einde nie. Daar is nie ‘n stel reëls wat jy moet volg en dan skielik is jy oor dit nie.

‘n Vriendin van my wat haar man op ‘n baie jong ouderdom verloor het, sê altyd die rouproses is soos ‘n spiraal. In die begin draai die verlange, die seer en leegheid so styf om jou vas, jy kan amper nie asemhaal nie. Met die tyd saam, kring dit wyer om jou uit. Kan jy weer begin om gemakliker asem te haal. Weer begin leef, maar êrens in jou agterkop bly die verlange maar altyd. Tref sy verjaarsdag, hul huweliksherdenking en die klas van dae tog maar ‘n gevoelige plek in die hart.

Tyd genees nie wonde nie. Sy moes die keuse maak om aan te gaan. “Ek het eendag gesit en gedink, as ek nou die dag doodgaan en ek sien hom weer in die Hemel, wat sal hy wil hoor, dat ek ‘n gelukkige vol lewe gehad het, of dat ek my lewe om in my kamer gesit en huil het omdat hy nie meer daar was nie? Die antwoord was eintlik so eenvoudig. Hy het my liefgehad, hy sou nie wou hê dat ek ongelukkig en depressief moes wees nie.”

Toe kies sy om aan te gaan. Maklik was dit verseker nie en sy sal ook erken na al die jare, is daar dae wat dit nie maklik is nie, maar sy maak elke dag die bewuste keuse om dankbaar te wees en om te leef.

Wat is die belangrikste om te onthou wanneer die lewe nie meer vir jou sin maak nie? God is getrou en regverdig ‘God never promised us smooth sailing, but He did promise us a safe landing.’

“ Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Belê in jou buurman
Inspiration

Belê in jou buurman

‘n Suksesvolle graanboer in Amerika het jaar na jaar met die trofee by die landbouskou weggeloop. Kom ons noem hom Boer Jan. Sy mede-boere het

Read More »
Outliers
Inspiration

Outliers

The inspirational author Malcolm Gladwell is known for his journey into the overlooked and misunderstood. In his well-known book The Outliers, he claims that genius

Read More »