Wanneer my beste nie goed genoeg is nie!

Liefde is eintlik stom, opregte liefde word gesien.


Het jy ook al in jou lewe gevoel dat jou beste net nie goed genoeg is nie? Jy gee en gee en gee, maar dit is eenvoudig nie goed genoeg nie. Die wese van die mens se bestaan is om intiem te wees en deur ander liefgehê te word. Vir die liefde sal ons berge uitklim, oor die see vaar, woestyne deurkruis en onnoembare swaarkry verduur. Sonder liefde word berge onoorkombaar, die see onbevaarbaar en woestyne ondraaglik.

Hoekom kry slegs ʼn handjievol mense dit reg om te gee en dat dit wat hulle gee, wel goed genoeg is? Ek wil glo dat ek die rede ontdek het. Daar is een fundamentele waarheid wat misgekyk word… mense praat verskillende liefdestale.

Dr. Gary Chapman, gee vir ons die geheim in sy boek, “Die vyf tale van die liefde,” naamlik opbouende woorde, kwaliteittyd, diensbaarheid, geskenke en fisieke kontak. Terwyl kennis oor die verskillende temperamente die een kant van die muntstuk is, is die ander kant om kennis te hê aangaande die liefdestale of anders gestel, die tipe petrol wat elkeen se emosionele tankie nodig het. ʼn Motor sonder petrol sal jou nêrens neem nie. Dit is ook belangrik dat die regte petrol in daardie motor gegooi moet word. Dit sal tog dom wees om ongelote petrol in ʼn dieseltank te gooi, nie waar nie? Ken dus die liefdestaal van jou maat om sodoende seker te maak dat jou beste pogings goed genoeg kan wees en ʼn verskil kan maak.

Om verlief te raak is nie ware liefde nie, omdat dit geen moeite verg nie. Om in die toestand van verliefwees te wees vra mos min moeite. Om lief te raak is eerder ʼn daad van die wil… ʼn bewustelike keuse en daarmee saam die doelbewuste spreek van die ander party se primêre liefdestaal.

“Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Find Your Ikigai
Inspiration

Find Your Ikigai

Ikigai is a Japanese word that means “a reason for being”, also referred to as the Japanese secret to a long and happy life. Life

Read More »
Om met eer te wen
Inspiration

Om met eer te wen

Die Keniaanse atleet Abel Mutai was los voor in die resies. Enkele meters voor die wenstreep, het hy gestop omdat hy gedink het dat dit

Read More »
Fear
Fear

Fear

We are capable of great cruelty and great compassion, of forgiveness or vengeful anger, of quiet confidence or paralising fear. Fear and anger are bullies

Read More »