Wanneer jy wens jy was ‘n seekat…

“Ek wens ek het so baie arms soos ‘n seekat gehad, dan kon ek alles tegelyk doen”, kry ek die boodskap op my slimfoon. Ek weet sommer my vriendin is nou weer in hoogste versnelling besig om te veel dinge op een slag te probeer doen en dat sy een of ander tyd gaan afblaas soos ‘n strandbal en net bly lê.

Sy het nou maar eenmaal ‘n temperament waar sy alles in die oortreffende trap doen, teen die hoogste versnelling. Spring net in en begin met ‘n ding. Kom halfpad agter iets werk nie lekker nie en begin dan met iets anders. Hoe moeër sy word, hoe minder wil sy dit erken en hoe meer halfvoltooide take hoop oral op.

Dis wanneer ek sulke “ek wens ek was ‘n seekat” boodskappe kry, wat ek haar maar weer herinner aan die ou gesegde “besin voor jy begin.”

Onlangs is die MasterChef Australia 2017 finale uitgesaai. In die finale rondte het die laaste twee deelnemers elk ses ure gekry om ‘n baie gekompliseerde nagereg te maak. Die een deelnemer het die resep (wat uit horde stappe uitgetik op baie bladsye bestaan het) net so vinnig beloer en toe met ‘n spoed weggeval. Op ‘n stadium het mens net vlamme bokant een van die potte sien uitskiet. Toe een van die beoordelaars hom vra hoekom hy die brandewyn laat brand, antwoord hy dit staan so in die resep. Haar raad aan hom, “gaan lees die resep”. Wat daar gestaan het was dat hy die brandewynsous oor lae hitte moet hou om seker te maak dat nie ontvlam nie. In sy oorhaastigheid het hy ‘n groot fout gemaak en het hy tyd verloor omdat hy iets weer moes oordoen.

Wat ek dus vir my dierbare vriendin en vir elkeen van julle wil sê is… Beplan, beplan, beplan! Vat jou tyd om alles in plek te kry. Maak seker jy weet presies wat jy wanneer moet doen. Prioritiseer sodat jy die dinge doen en klaarmaak wat dadelik gedoen moet word. En onthou… Rome is nie in een dag gebou nie en jy hoef ook nie alles op een slag te probeer doen nie!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Hoe lyk my uitdagings?
Inspiration

Hoe lyk my uitdagings?

Ek moes onlangs ‘n aanbieding vir ‘n korporatiewe groep voorberei. In plaas van die gebruiklike versoek vir ‘n CV, stuur hulle vir my ‘n paar

Read More »