Wanneer jou goedheid misbruik word

“Ek sit waar ek sit vandag oor ek mense vertrou het. My hart te sag was. Was ‘n duur les”, sê sy en ek hoor die kraak in haar stem. Hoeveel van ons het nie al in daai slaggat getrap nie? Jy wil iemand help. Jy belê tyd, aandag en geld in die persoon of persone. Jy dink julle is vriende. Jy vertrou volkome. En dan?

As jy weer jou oë uitvee… raak hulle of net weg, met al die geld en goed wat jy vir hul geleen het, of jy hoor skielik met sulke draaie van ander mense hoe jy hulle te na gekom het. Dit sny diep wanneer jou goedheid in jou gesig teruggegooi word. Jy voel misbruik en moedeloos, want jy wou net help. Jy het net gedoen wat jy van kleins af geleer is om te doen.

Ongelukkig het nie almal dieselfde waardes, integriteit, of siening oor die lewe as jy nie. Daar is mense wat daarop uit is om ander te vernietig, wat net kyk wat hulle kan kry en hul bestaan uit lieg en bedrieg maak.

Wat doen jy as jou pad met een van die gewetelose spesie gekruis het en jy nou met baie hartseer, pyn, en in baie gevalle, skuld, sit? Hou jy op om mense te vertrou? Kyk jy waar en hoe jy wraak kan neem? Nee, natuurlik nie.

Maar, daar is wel ‘n paar strategieë wat jy kan volg om jouself in die toekoms te beskerm. Ten eerste, onthou ons dien ‘n God van geregtigheid. Die oordeel kom ons nie toe nie. Laat dit by Hom en in die toekoms, gaan maak eers by Hom seker voordat jy weer net blindelings vertrou, help of uitleen. Tweedens kry vir jou mentors, mense wat verder as jy op die lewenspad is met betrekking tot geestelike groei, besigheid en menseverhoudings. Win raad in, voordat jy sommer net inspring. Ten slotte, moet nooit gedruk voel om op ‘n kortpad manier iets te doen net omdat jy iemand jammer kry nie. Doen maar al die nodige papierwerk as jy bv. ‘n huis wil verhuur, of geld of goed wil uitleen al is dit aan jou beste vriend of jou suster se jongste seun. Wat op skrif is, beskerm alle partye.

Wees genadig teenoor jouself. Leer uit jou teleurstellings, tel jou kop op en gaan voort met jou eie lewensreis.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Start where you are
Inspiration

Start where you are

It is amazing what one finds when you do some gardening into the past. Look at this amazing quote by CS Lewis – British writer,

Read More »
Genade verstaan
Inspiration

Genade verstaan

Vandag het ek opnuut iets van genade verstaan. Ek lees in ‘n ou dagboek iets wat Stephan Joubert lank terug geskryf het: “Hoe meer ek

Read More »