‘n Renjaer het op ‘n keer vertel hoe hy geleer het om teen ‘n geweldige hoë spoed om die draaie te ry, ook dié draaie waar daar gevaarlike hoë mure was.

“Dit het alles te make met fokus,” het hy verduidelik. “Waar jy kyk, is waar jy ry. As jy op die muur fokus, gaan jy vir seker in die muur vasry. Maar as jy jou oë op die pad hou en jou kop in die regte rigting mik, volg jou wiele jou vanself.”

Ek het besef dat dit ook waar is van die lewe. Wanneer ‘n mens fokus op jou vrese of op dinge wat kan verkeerd gaan, gebeur dié dinge gereeld. Maar as jy dit regkry om jou oë gerig te hou op jou doel en eindbestemming, kom jy daar uit. 

Gedragswetenskaplikes het bevind dat drie dinge mense se fokus steel: pyn, plesier en ander se verwagtinge. Onder die pyn-opskrif kan ons bekommernis en vrees inskuif. Onder plesier verstaan ons dié dinge wat ons tydelik laat beter voel, maar wat ons oor die lang termyn bring nooit nader aan ons doelwit bring nie.

Verwagtinge wat van buite op ons geplaas word (of wat ons soms dink op ons geplaas word), kan kom van ouers, onderwysers, ‘n moeilike baas of selfs ons vriende.

Wanneer ons swig voor hierdie drie aandag-aftrekkers, is ons besig om op stimuli te reageer. Dis wanneer ons emosies die oorhand kry en ons eintllik nie in beheer is van ons eie gesonde verstand nie. 

As jy jou doelwitte wil bereik, moet jy jou gedagtes verander. Hoe doen jy dit? Deur vir jouself uit te spel waarop jy fokus – op die baan of op die muur?

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Lessons from Dr Seuss
Inspiration

Lessons from Dr Seuss

Some people are born sages and their wisdom outlives them. Dr Seuss, famous author and doodler-cartoonist, was such a sage. Born in 1904, he was

Read More »
Self-talk
Inspiration

Self-talk

This recent WhatsApp message reached my phone and made me think: What do I say to myself? How many of my thought sentences contain negative

Read More »
Outliers
Inspiration

Outliers

The inspirational author Malcolm Gladwell is known for his journey into the overlooked and misunderstood. In his well-known book The Outliers, he claims that genius

Read More »