Daar is ‘n ou Chinese gesegde wat sê dat Pa’s bome moet plant sodat hulle kinders eendag in die skaduwee kan sit. Dit is, as ek dit reg verstaan, ‘n ou wysheid wat ons wil leer dat ‘n mens toekomsgerig moet lewe. Dat jy met elke tree wat jy gee en elke besluit wat jy neem, moet bewus wees van jou voetspore wat jy nalaat.

Ek het onlangs weer na een van die bekende ekoloog en skrywer David Attenborough se natuurprogramme gekyk waarin hy die mensdom waarsku teen die natuurramp waarop ons afstuur. In “A life on our planet”, wys die 93-jarige Sir David hoe onbeskryflik wonderlik en mooi die aarde is – maar ook hoe broos.  Met die allermooiste fotografie wys hy hoe die mens die natuur vernietig het en hoe dit uiteindelik tot ons eie ondergang gaan lei.

Dit lyk asof die program vroeg in 2020 gemaak is – voordat die pandemie wêreldnuus geword het en al Attenborough se voorspellings eintlik sou onderstreep. ‘n Mens sien hoe oerstamme en selfs diere wat van die natuur lewe, nooit hulle eie voedselbronne uitput nie. Daarnaas sien jy hoe moderne ontwikkelaars belangrike wildernisgebiede met stootskrapers vernietig en só ons eie bron van suurstof afsny.

Hy maak ook konstruktiewe voorstelle oor hoe ons die situasie kan stuit en miskien selfs kan omkeer – deur ons hulpbronne nie as vanselfsprekend te aanvaar nie. Sy boodskap is: Dink aan die dag van môre. Plant vandag ‘n boom, sodat jou kinders in sy skaduwee kan sit. 

Dit het my laat wonder hoe toekomsgerig ekself lewe. Het ek al genoeg bome geplant – ook in mense se lewens, sodat hulle eendag in die skaduwees kan sit? Is ek nie ook maar, soos ons almal, besig met my eie oorlewingstryd waar vandag die belangrikste dag is nie? 

Sien ek kans om ‘n boom te plant wat eers ná my groot genoeg gaan wees om te geniet? 

Kyk ek ooit terug op my eie voetspore

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Sand in my skoene
Inspiration

Sand in my skoene

Ek lees ’n aangrypende verhaal van Peter Jenkins wat ’n boek geskryf het oor ’n stap ervaring, A Walk Across America. Peter het oor ’n

Read More »