Waar ‘n wil is, is daar ‘n weg…

Daar steek groot waarheid in hierdie ou Afrikaanse gesegde. Om enige iets in die lewe gedoen te kry moet jy dit wil doen. Kyk nou maar net na die duisende mense wat laas naweek die Cape Cycle Tour gaan ry het. Op fietse. Meer as 100 km.

Elkeen van daardie mense het maande terug besluit hulle wil aan daardie fietswedren deelneem. Hulle het ‘n kopbesluit gemaak en toe ‘n plan van aksie opgestel. Nie almal se beplanning en uitvoering daarvan was dieselfde nie. Vir party was dit hul 10de keer en hulle wou ‘n vorige jaar se tyd verbeter. Ander het die groot uitdaging vir die eerste keer aangepak. Dan was daar die professionele fietsryers wat gery het om te wen.

Verskillende visies en verskillende doelwitte, maar by elkeen was daar die wil om dit te doen. ‘n Vriendin vertel my van haar vriendin wat so 5 jaar terug nog erg onfiks en oorgewig was. Maar sy het ‘n droom gehad om fiets te ry, al was sy al aan die verkeerde kant van 40. Die dag toe sy vir haar ‘n fiets, klere en al die ander bykomstighede koop, het van haar familielede gedink dis net weer ‘n gier wat sal oorwaai.

Sy het haar nie aan hulle gesteur nie. Sy het begin oefen. Van “spinning”-klasse tot padfiets en bergfiets oefensessies. Deur moeilike omstandighede, siekte, operasies en ‘n hele paar keer se hard neerslaan, het sy die wil om fiets te ry behou. Die eerste wedrenne waaraan sy deelgeneem het, het haar meeste van die tyd in trane gehad, en ‘n paar keer kon sy nie klaarmaak nie. Maar sy het aangehou en so met die jare saam die groter wedrenne begin aanpak. Laasjaar het sy die 94.7 gery en klaargemaak en hierdie jaar het sy die Cape Town Cycle Race gery, klaargemaak en ‘n breë glimlag na die tyd gehad.

Nou se dae, dink niemand meer dis net ‘n gier wat sal oorwaai nie. Haar familie staan nou gereeld by die eindpunte om haar te sien klaarmaak. Sy is fiks, die ekstra gewig is lankal nie meer daar nie en sy het meer selfvertroue as ooit.

Wat is daar wat jy WIL doen? Wat verhoed jou om dit te doen? Onthou, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Stress Handling Tips 3
Stress

Stress Handling Tips 3

A scientific definition of stress recently stopped me in my tracks. Physics describes it as the force that produces strain on a physical body and

Read More »
Waarop fokus jy?
Inspiration

Waarop fokus jy?

‘n Renjaer het op ‘n keer vertel hoe hy geleer het om teen ‘n geweldige hoë spoed om die draaie te ry, ook dié draaie

Read More »