Beraders word geleer om heel aan die begin van ‘n gesprek versigtig uit te vis waar die kliënt hom of haar emosioneel bevind. Goeie leiers doen dieselfde. Voordat hulle die pas van voor af aangee, maak hulle eers seker waar hulle volgelinge is.

Eintlik is dit ‘n gesonde beginsel vir enige verhouding en sinvolle gesprek – om eers seker te maak waar jou maat hom of haar bevind. Maar doen ons dit? Maak jy, voordat jy wegval met jou storie, seker dat jou hoorder gesond, gelukkig en sonder ernstige probleme voor jou sit? Anders sal hy nie kan luister of hoor nie.

‘n Mens dink onwillekeurig aan oorlogsflieks, waar soldate op radio’s na mekaar roep in hulle eie kodetaal: “Alfa-Bravo, dis Charlie-Delta, kom in…”  En dan sou dit dom wees van Alfa-Bravo om te begin praat voordat Charlie-Delta van hom laat hoor het. Want hy weet goed dat hy in die wind sal praat as hy nie wag vir die belangrike “Oor”-sein nie.

In verhoudings, en veral naby-verhoudings, neem ons so maklik aan dat die ander party is waar ons is. Ons lag daarvoor wanneer dit in sepies gebeur, juis omdat dit so waar is in ons eie huise. 

Pa kom moeg van die werk af en gaan sit met ‘n bier voor die televisie. Woordeloos. Ma vervies haar, gaan neem teenoor hom stelling in en begin afpak oor die dag se frustrasies. Sy gaan aan waar hulle twee vanoggend die gesprek halfpad moes laat hang omdat daar nie genoeg tyd was nie.

Nie een van die twee vra vir die ander een hoe sy of haar dag was nie – want albei het ‘n ligte vrees vir die antwoord. In die proses, het nie een van die twee “ingecheck” nie. Hulle vertrek van verskillende perronne af en glo dat hulle mekaar gaan ontmoet. En soos twee treine op total verskillende spore, praat hulle by mekaar verby. Pens en pootjies tot binne-in ‘n struweling wat eintlik op ‘n reeks misverstande gebaseer is.

Dit kon alles voorkom word deur een maklike vraag: “Waar kry ek jou?” Gevolg deur ‘n kort stilte en ‘n opregte belangstelling in die antwoord.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Hou die gif buite
Inspiration

Hou die gif buite

Het jy al ooit iets galbitters geproe? Miskien was jou ma een van die Lennon-dissipels wat Lewensessens aangehou het en jou daarmee gedokter het as

Read More »
So bou jy karakter
Character

So bou jy karakter

‘n Mens word nie met karakter gebore nie. Ja, jy het beslis sekere ingebore persoonlikheidseienskappe* wat deel uitmaak van jou gene, maar karakter is iets

Read More »
En toe gly my voet
Priorities

En toe gly my voet

‘n Mens se agtergrond en opvoeding draby tot wie jy is, maar wat jy word is jou eie verantwoordelikheid. Nie elke oggend word begin met

Read More »
Wat is jou nalatenskap?
Inspiration

Wat is jou nalatenskap?

Die afskeid het saam met die eerste somerreëns gekom. Dit het my opgeval, die blydskap oor die langverwagte reën en die groot hartseer omdat een

Read More »