Vriendelikheid kos mos niks… glimlag man!

In die week gaan maak ek weer ‘n draai by die haarsalon. ‘n Belangrike aksie in enige vrou se lewe. ‘n Mens bou mos ‘n verhouding met jou haarkapper of soos die mense in goeie Afrikaans sê – jou haarstilis. Jou haarkapper word ‘n vriendin. Iemand met wie jy sommer lekker kan gesels, terwyl sy met jou hare doenig is.

Dit verstom my altyd hoe knap dié mense met ‘n skêr in die hand is en hoe hulle kan toor met daardie buisies kleure wat hulle so meng. Terwyl ek daar is, wonder ek hoekom gaan vrouens salon toe? “Om mooi te lyk” was haar antwoord. “Nee…” sê ek. “Dis nie die rede nie. Hoe baie het jy al gehoor ‘n kliënt sê vir jou: ‘Dankie, nou voel ek weer beter…’?” Ons voel beter as ons ‘n slag ons hare laat kap, kleur, en blaas het. Of ons mooi lyk is ‘n bysaak. Dit gaan oor die gevoel. Wat my weer laat dink, hoe maklik dit eintlik is om iemand anders te laat beter voel. ‘n Glimlag kan iemand se dag maak!

Hulle sê vriendelikheid kos niks, maar o aarde, dit lyk my ons het in die laaste tyd te min energie om vriendelik te wees. Glimlag al is jou voete seer. Sien die blomme in die tuin raak, al is jy omkap-moeg. Deur jou fokus net bietjie na die positiewe toe te skuif, sal jy sommer beter voel. As almal om jou frons, wees jy die een wat glimlag, want nes gaap, is ‘n glimlag hoogs aansteeklik. Maak vandag iemand anders se dag, sodat ons almal beter kan voel.

“ ‘n Vrolike mens is soos goeie medisyne. ‘n Neerslagtige mens tap jou krag. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Face your fears
Fear

Face your fears

Can you remember a time when you had to face fear? Not necessarily a severe or debilitating fear, but anxiety that made you hold your

Read More »
Integrity
Inspiration

Integrity

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »