Voeg net bietjie vars perspektief by…

Jare terug het die mense altyd gesê: “daar is my storie, daar is jou storie, en dan is daar die waarheid.” Nou se dae moet mens natuurlik byvoeg, “en dan is daar die media se hoek op die storie en die sosiale media kant daarvan.”

Elkeen beskou die wêreld vanuit ‘n bepaalde verwysingsraamwerk en perspektief. Hoe jy die lewe sien, dit ervaar en interpreteer hang van ‘n groot verskeidenheid faktore af, van jou temperament en opvoeding tot by jou kultuur en geloof.

Almal stem min of meer saam dat dinge nie so goed gaan in ons land nie. Die petrolprys is op, die krag dreig om af te gaan, protesteerders blok die paaie, motors word met klippe bestook, die meeste mense het te min salaris vir hul uitgawes.

Bygesê, dit reën in die Kaap, die damme het weer water, daar is meer paaie rybaar as gesluit, ons het nog kos, klere, skoene, motors, water en elektrisiteit in ons huise, en selfs die Springbokke het twee wedstryde na mekaar gewen. Maar, dis alles goeie dinge en wie wil nou daarop fokus?

Is mos lekkerder om te kla as om iets te doen. Het jy al agtergekom dat die mense wat die meeste kla oor die slaggate in die pad, is dieselfde mense wat kla as hulle moet wag by ‘n stop-en-ry waar daar aan paaie gewerk word? Ek hoor gereeld, “die einde moet naby wees, dit het nog nooit so sleg gegaan nie.”

Regtig? Gaan lees maar enige land se geskiedenis of die verhale in die Ou Testament, dan besef jy ons leef eintlik in baie goeie tye. Die moderne mens met al die tegnologie tot sy beskikking het dalk net te gemaklik geraak. Is makliker om te blameer as om verantwoordelikheid te vat. Makliker om van agter die rekenaar opinies te lug as om iets daadwerkliks aan die probleem te doen. Makliker om te kla as om die positiewe te soek.

Die tyd waarin ons leef vra nie vir gemaklik wees nie. Dit vra nie vir onbetrokke rusbanksitters wat net kopskud en lukrake menings op sosiale media plaas nie. Die tye waarin ons leef vra wel vir mense met ‘n nogtans geloof. Onthou wat staan in Habakuk 3: 17 – 19 “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.”

Verander bietjie jou perspektief. Sit ‘n ander bril op, kyk met geloofsoë en maak dan soos Petrus van ouds… klim uit die boot en loop op die water!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Have fun, laugh and dance
Happiness

Have fun, laugh and dance

Having and creating fun opportunities is a vital ingredient of a happy and fulfilling life. We tend to only take negative or ‘heavy’ emotions seriously

Read More »
Wie is Jy?
Temperaments

Wie is Jy?

Wat is die mens? “Kop, twee pootjies en ‘n pens,” het oom Leonard Vrey van Upington eendag vir my gesê. Ek het lekker gelag vir

Read More »
Integrity Be Yourself
Inspiration

Integrity – Be Yourself

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »
Krap die verf af
Inspiration

Krap die verf af

Ek lees onlangs hoe ‘n dapper vrou besluit het om haar ou huis se deure te restoureer. Sy vertel van die harde werk om deur

Read More »
Jy sê, ek sê
Inspiration

Jy sê, ek sê

Opinies, opinies, opinies! Ons het dikwels ‘n vrye mening oor ander mense. Wat hulle behoort aan te trek, hoe hul haarstyl moet wees, hoe hulle

Read More »