Verander jou denke, verander jou lewe

Het jy al gewonder wat een van die belangrikste kwaliteite is wat jy moet hê om jou volle potensiaal te leef? Jy moet die krag ontdek wat daar in jou gedagtes en woorde is. Die vyand se nommer een teiken is jou gedagtes. Hy weet dat indien hy die manier waarop jy dink kan beheer en manipuleer, sal hy jou hele lewe kan beheer.

Jou gedagtes bepaal jou aksies, jou gesindheid en selfbeeld. Dit bepaal jou toekoms. Selfs die Bybel maan ons om ons gedagtes te beskerm. Ons moenie net versigtig wees deur dit wat ons deur ons oë en ore inneem nie, maar deur dit wat ons dink.

Indien jy voortdurend negatiewe gedagtes dink, sal jy geneig wees om jouself met negatiewe mense, aktiwiteite, filosofieë, en leefstyle te omring.

Jou lewe sal altyd die produk wees van jou gedagtes. Jou gedagtes is soos ‘n magneet. Ons trek die dinge aan waaraan ons die meeste dink. Indien jy positiewe, gelukkige gedagtes dink sal jy ander positiewe en gelukkige mense na jou aantrek.

Het jy al agter gekom hoe jou gedagtes ook jou emosies beïnvloed? Ons voel soos ons dink. Jy kan nooit gelukkig wees alvorens jy nie gelukkige gedagtes dink nie.

Jy kan kies wat jy dink en hoe jy dink. Dalk het jy in die gewoonte verval om negatiewe goed te dink en negatief met jouself te praat. Die goeie nuus is, jy kan dit verander! Dit gaan dalk oefening en konsentrasie verg, maar jy kan jou brein herprogrammeer om positief te dink.

Niemand kan jou forseer om te dink wat jy nie wil dink nie. God sal dit nie doen nie en die duiwel kan dit nie doen nie. Net omdat satan negatiewe gedagtes in jou plant beteken nie dat jy dit moet water gee en troetel nie.

Een van die grootste geheime tot positiewe gedagtes is dankbaarheid. Ons moet harte hê wat oorloop van dankbaarheid, want dan sal ons minder fout vind met mense en dinge waaroor ons in elk geval geen beheer het nie. Volgende keer wat jy jouself vang negatief dink, gryp die gedagte vas en gooi dit summier by die venster uit en vervang dit met dit waarvoor jy dankbaar is. Glo my, jy het baie om voor dankbaar te wees.
Jy moet doelbewus kies om positief te dink en met ‘n dankbare hart die lewe aanpak. Probeer dit vir ‘n week en kyk hoe verander jou uitkyk op die lewe. Positiewe gedagtes kos niks, maar kan lewensverrykende gevolge hê!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Millennial stress
Stress

Millennial stress

There are more songs shaming Millennials than any other generational group. Hilarious songs, composed by? Millennials, of course.

Read More »
Drie vrae
Inspiration

Drie vrae

Ek sit onlangs in ‘n beplanningsessie tussen ‘n klomp slimmes wat ‘n ghoeroe gehuur het om hulle te motiveer vir die moeilike pad vorentoe. Ek

Read More »