So ‘n man moet geprys word

Dit is verjaarsdagtyd, dis ‘n grote. Margie is sestig! Daar is baie mense. My oë speel deur die vertrek. Ek merk ‘n praterige enetjie (ekstrovert) op wat lag en beduie asof sy aan een of ander talentkompetisie deelneem en raakgesien moet word. Regs agter sit daar ʼn gevatte en inkennige dame. Sy kyk almal op en af asof sy hulle meet (reeds besluit wie en wat hulle is). Ek wens ek weet wat sy dink.

Ek stap verby twee mans. Hulle praat oor ʼn winskoophuis wat omskep gaan word in ʼn gastehuis. Dis warm en luid en ek soek vars lug. Ek hoor ʼn vrou vir haar man vra om hom asseblief skaflik te gedra en haar nie in ʼn verleentheid te stel deur weer haastig en ongeduldig te wees nie. Ek glimlag lekker en besef hoe elkeen sy eie ruimte gemaklik moet maak ten einde goeie waarde vir tyd te verseker.

Die oomblik is hier! Die speeches begin! Ron skuifel homself in posisie en sê vir die verjaarsdagvrou: “Margie, dankie dat jy so ʼn goeie vriendin vir my vrou is. Jy maak haar gelukkiger en ek geniet die voordeel van haar goeie gemoedstoestand!”

Wat? Ek is verstom! ʼn Vriendskap tussen twee vriendinne wat ook die man positief beïnvloed? Hoe diepsinnig is dit? Wat ʼn besonderse man! Ek dink diep en besef dat hierdie man anders praat, want hy dink anders … hy dink anders, want hy kyk anders! Ek sê vir myself, “vir jou Ron, salueer ek!” Jy is beslis nie mediocre nie, maar buitegewoon anders. Om te kan kyk is een ding, om te kan sien is heeltemal anders. Jy is anders! Ek eer vandag die Rons van die lewe wat nie net kyk nie, maar ook sien.

“ Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Krap die verf af
Inspiration

Krap die verf af

Ek lees onlangs hoe ‘n dapper vrou besluit het om haar ou huis se deure te restoureer. Sy vertel van die harde werk om deur

Read More »
Kleuter of oumens
Inspiration

Kleuter of oumens

Was jy al in die geselskap van ‘n irriterende mens? Een wat sy eie beuel blaas of alles beter weet, of wat keer dat die

Read More »