So ‘n man moet geprys word

Dit is verjaarsdagtyd, dis ‘n grote. Margie is sestig! Daar is baie mense. My oë speel deur die vertrek. Ek merk ‘n praterige enetjie (ekstrovert) op wat lag en beduie asof sy aan een of ander talentkompetisie deelneem en raakgesien moet word. Regs agter sit daar ʼn gevatte en inkennige dame. Sy kyk almal op en af asof sy hulle meet (reeds besluit wie en wat hulle is). Ek wens ek weet wat sy dink.

Ek stap verby twee mans. Hulle praat oor ʼn winskoophuis wat omskep gaan word in ʼn gastehuis. Dis warm en luid en ek soek vars lug. Ek hoor ʼn vrou vir haar man vra om hom asseblief skaflik te gedra en haar nie in ʼn verleentheid te stel deur weer haastig en ongeduldig te wees nie. Ek glimlag lekker en besef hoe elkeen sy eie ruimte gemaklik moet maak ten einde goeie waarde vir tyd te verseker.

Die oomblik is hier! Die speeches begin! Ron skuifel homself in posisie en sê vir die verjaarsdagvrou: “Margie, dankie dat jy so ʼn goeie vriendin vir my vrou is. Jy maak haar gelukkiger en ek geniet die voordeel van haar goeie gemoedstoestand!”

Wat? Ek is verstom! ʼn Vriendskap tussen twee vriendinne wat ook die man positief beïnvloed? Hoe diepsinnig is dit? Wat ʼn besonderse man! Ek dink diep en besef dat hierdie man anders praat, want hy dink anders … hy dink anders, want hy kyk anders! Ek sê vir myself, “vir jou Ron, salueer ek!” Jy is beslis nie mediocre nie, maar buitegewoon anders. Om te kan kyk is een ding, om te kan sien is heeltemal anders. Jy is anders! Ek eer vandag die Rons van die lewe wat nie net kyk nie, maar ook sien.

“ Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Worry
Stress

Worry

We are such good worriers – in the worry sense of the word, that is.
And COVID-19, I am sure, has done nothing to

Read More »
Keep on keeping on
Inspiration

Keep on keeping on

Somewhere in my past, I found inspiration in my own home-made inspirational slogan: Keep on keeping on . It could have been at high school,

Read More »
Hou die gif buite
Inspiration

Hou die gif buite

Het jy al ooit iets galbitters geproe? Miskien was jou ma een van die Lennon-dissipels wat Lewensessens aangehou het en jou daarmee gedokter het as

Read More »
How to deal with burnout
Burnout

How to deal with burnout

Deadlines. Meetings. New projects. More meetings. New systems. More meetings. Writing reports. Analyzing stats. Making decisions. More meetings. Working hours? Officially probably from 8 am

Read More »