Sien uit na die lewe!

Ek is spring-bly want die jaar is ek sommer dubbeld geseën met twee geleenthede om bootreise te onderneem! Dis iets wat ek nog altyd wou gedoen het en nou sien ek vreeslik uit daarna.

Wat my laat dink… waarna sien jy nog uit? Is daar nog gebeure wat jou so opgewonde maak dat jy die tyd aftel soos toe jy nog ‘n kind was? Kinders weet mos hoe om uit te sien na iets. Enigiets, van hul eerste skooldag tot by Kersfees of ‘n naweek weg word ‘n geleentheid om opgewonde oor te raak, om die slapies af te tel en vir almal daarvan te vertel.

Die mees besadigdste kind kry ‘n vonkel in die oog as hul weet hulle kan die slapies begin aftel vir die groot kuier by Oupa en Ouma. Dit is so jammer dat die meeste mense hul kinderlike opgewondenheid oor die lewe êrens langs die pad ontgroei. “Ek sien uit na…” verander so maklik in “hier gaan ons alweer”. Hoe ouer mense raak, hoe makliker verval hulle in dieselfde roetines, gewoontes en manier van dinge doen, jaar in en jaar uit. Geen opwinding, maar hulle voel hulle is in beheer. Hulle speel die lewe veilig en hoop die lewe deel nie verdere dwarsklappe na hul kant toe uit nie.

Het jy in so groef beland? Sussa, vir jou wil ek sê… Gooi af daai boeie van Vervelig en Veilig. Los Roetine en Dieselfde vir ‘n slag by die huis en gaan soek weer vir Opwinding, Nuwe Dinge en Avontuur! Ons is nou maar eers in die derde maand van 2018 en ek het nou al die jaar uit ‘n vliegtuig gespring en soos ek hier skryf is my tas gepak vir die Net vir die Girls Bootreis! Ek belowe julle dis maar net die begin van my avonture vir die jaar…

Raak weer ‘n slag opgewonde. Tel die slapies af en gebruik elke dag se handvol vars genade om die lewe voluit te benut en te geniet.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Will they hide me?
Inspiration

Will they hide me?

Many philosophers and authors have made an impact on humanity – for life. Victor Frankl is such a man. He is best known for his

Read More »
You are the filing clerk
Inspiration

You are the filing clerk

It is not easy to understand the intricate relationship between our thoughts and emotions. We know that thoughts trigger emotions and we know that emotional

Read More »