Sien ‘n slag die kinders raak

So ‘n ruk terug was ek weer in die bevoorregte posisie om vriende se baba in ‘n kerk aan die Here toe te wy. Terwyl ek die kleinding vashou, toe dink ek weer aan Matt 18: 6 waar Jesus self gesê het dat dit beter is vir iemand om met ‘n meulsteen om sy nek in die diepsee te verdrink as om ‘n kind te laat struikel.

Watter groot verantwoordelikheid het ons as volwassenes nie? Volwassenes ja, want dit sluit ouers, grootouers, ooms, tantes, onderwysers en broodjie-uitdeel tannies in. Ons hoor so baie die geykte uitdrukking, kinders is die toekoms, maar leef ons dit regtig uit?

Hoeveel maal kyk ons net bo-oor die kinders? Is daar nie tyd om te luister as ons Geel kind met opgewonde ogies vir ons ‘n storie wil vertel nie? Raak ons ongeduldig wanneer ons Vredevolle Groen seuntjie te stadig na ons sin in die winkels dwaal? Sien ons nie raak dat die Blou kind met sy stil, diep geaardheid smag na bietjie alleentyd saam met ons nie? Raas ons met die Rooi kind dat hy moet stilbly en sy plek moet ken, terwyl hy met sy natuurlike leierskapvaardighede en kennis eintlik ‘n verskil kon maak?

Elke kind is uniek geskape met ‘n spesifieke temperament samestelling. Jou oudste en jongste kan en sal nooit dieselfde wees nie. Hulle kyk tien teen een anders na die wêreld as jy en ervaar dinge anders. Moet nooit kinders met mekaar vergelyk nie. Moet nooit die een voortrek wie se geaardheid meer met joune ooreenstem as die ander nie. Dit kan lewenslange negatiewe gevolge vir hul inhou. Jaloesie kan ‘n broeinde sweer word wat later jare in haat, nyd, woede en selfs moord kan uitbars. ‘n Ewigdurende vergelyking met boet of sus kan maak dat jou kind op 30 steeds ‘n lae selfbeeld het, steeds te bang is om sy natuurlike talente en temperament uit te leef en in ‘n beroep beland wat hy met elke greintjie van sy wese verafsku.

Gee vandag gelyke aandag aan jou kinders. Help hulle vandag om die lewe te trotseer met ‘n gesonde selfbeeld binne in hul natuurlike temperamente en hulle, en die res van die samelewing, sal later die goeie resultate daarvan beleef.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Wat is jou nalatenskap?
Inspiration

Wat is jou nalatenskap?

Die afskeid het saam met die eerste somerreëns gekom. Dit het my opgeval, die blydskap oor die langverwagte reën en die groot hartseer omdat een

Read More »
Wie is Jy?
Temperaments

Wie is Jy?

Wat is die mens? “Kop, twee pootjies en ‘n pens,” het oom Leonard Vrey van Upington eendag vir my gesê. Ek het lekker gelag vir

Read More »
Working from home
Inspiration

Working from home

Working from home has become an international fact of life – not only for freelancers but for all of us affected by the Covid 19

Read More »
Priorities
Priorities

Priorities

Setting priorities is something we all know we should be doing but never find the time to do. Until we are faced with a crisis

Read More »