Sien die tekens en spaar jouself pyn!

Daar is min dinge wat so seermaak soos ‘n liefdesverhouding wat opbreek. Die meeste van ons het of self deur die pynlike proses gegaan, of dit het met iemand na aan ons gebeur.

Maar dikwels is die gesegde dat die liefde blind is, so waar. En dikwels het ons die gevaartekens gesien maar die persoon wat midde-in die verliefdheid was, het gekies om dit te ignoreer. Dalk doen ek iemand ‘n guns deur hierdie lysie van gevaartekens wat deur verhoudingskenners opgestel is, met julle te deel. 

  1. Die belangrikste aantrekkingskrag tussen julle is die romantiek en die fisiese hoendervleis wat julle mekaar gee. Al is dit ‘n belangrike komponent, word dit gevaarlik as dit die enigste trekpleister is.
  2. Jy hou nie van sy vriende nie – of hy kan jou vriende nie verdra nie.
  3. Julle verhoudings is baie eensydig wanneer dit by gee en neem kom.
  4. Jy voel asof hy jou die hele tyd wil beheer en inperk. Soms voel dit vir jou of daar nie respek na twee kante toe is nie.
  5. Julle is die hele tyd in mekaar se geselskap en doen absoluut alles saam. Maak seker dat dit nie die grense van jou eie identiteit en onafhanklikheid laat vervaag nie.
  6. Jy voel dat jy nie jouself kan wees in sy teenwoordigheid nie.
  7. Hy is die hele tyd besig om jou te kritiseer – asof hy jou wil verander. Jy voel nie regtig aanvaar vir wie jy is nie.
  8. Julle vertrou mekaar nie altyd nie. Jy twyfel ook aan julle wedersydse verbintenis of commitment tot die verhouding. Dit voel soms vir jou asof die tyd nog nie ryp is vir ‘n commitment nie. Onthou dat vertroue en verbintenis die twee pilare is waarop ‘n gesonde verhouding gebou word.
  9. Julle is gereeld nogal gemeen teenoor mekaar. Daar is baie passiewe aggressie van een van die kante af – dikwels in die vorm van sarkasme en aanhoudende verwyte.
  10. Julle baklei soms onophoudelik. (Daar is niks verkeerd met gesonde argumente en selfs ‘n lekker baklei van tyd tot tyd nie, maar as dit nie ophou nie, kan dit ‘n teken van onversoenbare geaardhede wees.)

As een of meer van hierdie rooi ligte in die verhouding vir jou opgaan, gaan was jou gesig en word wakker voordat dit te laat is!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Gee soos Kersvader
Inspiration

Gee soos Kersvader

Het jy al ooit besluit om iets gaafs vir ‘n wildvreemde mens te doen – en dit vir NIEMAND te vertel nie? Vir niemand nie,

Read More »