Sien die geleentheid raak

‘n Makelaar wys vir ‘n groep mense ‘n klokgrafiek van hoe die ekonomie op- en afswaai. Hy verduidelik dat die ekonomie deur ‘n normale kurwe beweeg en dat ‘n depressie altyd gevolg word deur ‘n opwaartse herstelproses, tot by ‘n piek wat dan weer ‘n draaipunt word vir die afwaartse resessie-been van die grafiek wat eindig in ‘n volgende depressie.

Elke been op die grafiek het sy voorspelbare ekonomiese eienskappe. By die depressiepunt is rentekoerse en inflasie laag en by die piek is hulle hoog. In die herstelfase word die aanvraag na produkte en dienste hoër, salarisse styg en geld is geredelik beskikbaar. Wanneer die grafiek daal, styg werkloosheid en pryse en salarisse bly dieselfde.

Hy vra toe vir die groep om hulleself te posisioneer: Is jou besigheid in ‘n depressie, ‘n piek, ‘n resessie of ‘n herstelfase? Die meeste antwoord versigtig dat hulle in ‘n stadige herstelfase is. Want dit voel na die veiligste antwoord.

Tot Anton, die jong eiendomsagent, sy hand opsteek en sê “ Nee, ek is binne-in ‘n piekfase.” Met groot oë beloer almal hom op Zoom. Hoe op aarde…? Een van die deelnemers verduidelik dat hy gereeld met eiendomsagente praat en almal, maar almal, kla oor die mark wat sleg is. Kopers sukkel om finansiering te kry en verkopers se pryse is onrealisties hoog. Dit beteken dat hulle nie transaksies kan afhandel om kommissie te kan verdien nie.

En toe vat Anton die vloer. “Nee man, hulle sien net nie die geleenthede raak nie. Daar is altyd kopers, self in depressie-tye. Die enigste ding is net dat dié wat geld het, net in een ding belangstel: winskopies. Verkopers hou nie baie van dié soort kopers nie, maar mense wat ernstig is om te verkoop, pas hulle pryse aan om by die mark te pas. My jop is net om die twee bymekaar uit te bring.”

Die makelaar glimlag toe van oor tot oor. “Dis presies wat ek vir julle probeer sê: As jy die siklus verstaan, kan jy elke fase oorleef en selfs groei. Jy moet net jou huiswerk doen.” 

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Compassion fatigue
Inspiration

Compassion fatigue

Strange times bring with them new challenges and a new vocabulary. Years ago we were exposed to phrases like grassroots level and transformation and we

Read More »
Make a warm impression
Inspiration

Make a warm impression

It is an early cool morning in central Johannesburg. Picture the fancy foyer meeting place of mostly strangers, arriving for a day conference. They are

Read More »